TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

-

Weekdae kykNET (*144) 19:30 Sepie

As ’n jong meisie het die smaakmaker (die nuwe Afrikaanse woord vir

social media influencer) Chané Grobler (22) in haar ouma se huis op die vloer gesit en elke weekdag om

19:30 Binnelande­rs gekyk. “Dis ’n ikoniese sepie waarvan almal weet. Ek het daarmee grootgewor­d en toe hulle my (vroeër vanjaar) vra om ’n self- tape te stuur vir ’n moontlike rol, was ek stomgeslaa­n en het dadelik gespring om iets vir hulle aanmekaar te slaan,” sê Chané wat 2,5 miljoen volgelinge op TikTok het.

Binnelande­rs se vervaardig­ers het so baie van Chané gehou, hulle het gesê sy hoef nie ’n nuwe karakter te speel nie, sy speel sommer haarself, Chané, wat in November ’n operasie by Binneland ondergaan. “Dit word deur ’n plastiese chirurg gedoen en het almal aan die gons,” sê Chané. “Verpleegst­er Bonnie (Antoinette Modise) herken my en kort voor lank klap haar tong soos sy vir almal vertel ek is in Binneland vir ’n nose

job, wat onwaar is,” sê Chané.

Oor presies watter prosedure Chané ondergaan en hoekom, is haar lippe geseël, maar Bonnie beland in die sop by dr. Annelize (Cindy Swanepoel) wat haar oor die vingers tik oor haar skindersto­ries. “Shame Bonnie voel baie sleg en probeer dinge regmaak met my, maar die manier hoe sy probeer jammer sê, boemerang,” vertel

Chané sonder om iets te verklap.

Chané se tyd by Binnelande­rs het haar laat dink sy wil dalk ’n aktrise word. “Die ervaring het my laat besef dis iets waarin ek belangstel en dit kan in my toekoms waar word,” sê sy.

Lees meer op ble. 20-23.

 ?? ?? Chané Grobler (hooffoto) maak ’n draai in Binneland en verpleegst­er Bonnie (inlas) skinder lekker oor haar.
Chané Grobler (hooffoto) maak ’n draai in Binneland en verpleegst­er Bonnie (inlas) skinder lekker oor haar.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa