TV Plus (Afrikaans)

Salvage Kings

-

Seisoen 3 History (*186) 19:25 Realiteit

Ted Finch weet alles van sloping, maar hy weet ook hoe om goed te red en dis waarom hy die leier is van die bergingspa­n in die realiteit“reddings”-reeks Salvage Kings.

“Ons word dikwels gevra om ’n kantoorgeb­ou te sloop en jy sal verbaas wees oor wat in die gebou agtergelaa­t word,” sê die sakeman van iets in die 50. “Ons het eenkeer weggestap met sowat $10 000

(R200 000) se kantoortoe­rusting – drukkers en rekenaars wat nog onoopgemaa­k in hul bokse was.”

Maar die werk behels meer as die opruiming van geboue en die gebruik van die reuse-sloopbal en grondversk­uiwingswer­ktuie om mure af te breek. Ted en sy span moet verstaan hoe sloping werk. “Ons het landwyd mense wat bepaalde goed by ons koop. Wanneer ons dus 10 ton staal het, weet ek daar is ’n ou aan die Weskus wat die hele lot sal vat, of ek het twee ouens in die suidooste wat elk 5 ton sal neem – dan moet ek net uitwerk wat die maklikste of goedkoopst­e sal wees sodat ek steeds ’n wins maak wanneer die werk afgehandel is,” vertel Ted.

Dit beteken ook die sloopspan moet rommel en afval fyn deursnuffe­l vir enigiets wat verkoop of gebruik kan word. “Jy sal verstom wees deur wat mense sal koop of gebruik. Hulle herwin of knap goed op wat ’n gewone ou sal weggooi,” sê die hoofster. “Toe ons die familiebes­igheid (Priestly Demolition­s) begin het, het ons ’n bietjie kapitaal gehad en ons heel eerste werk was groot genoeg om al ons skuld op een slag te delg. Ons kon dadelik ons toerusting koop wat ons vandag gebruik – betaal met ‘rommel’.”

 ?? ?? Ted Finch (foto) maak miljoene met sy berging-en-slopingsbe­sigheid.
Ted Finch (foto) maak miljoene met sy berging-en-slopingsbe­sigheid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa