TV Plus (Afrikaans)

Britain’s Greatest Obsessions

-

Seisoen 1 History (*186) 20:15 Dokkie

Harry Hill weet hoe om mense te laat skater; hy’s ’n beroepskom­ediant. Maar dis geensins ’n grap om Brits te wees nie, sê die 58-jarige ster met trots. “Ek is dol daaroor om Brits te wees. Ek dink ons is die beste ter wêreld.” Die eerste episode van sy realiteits­dokkiereek­s Britain’s Greatest Obsessions fokus, ironies genoeg, op komedie. “Die land het in die verlede foute gemaak, maar ek dink ons komedie en humor is verreweg die beste. Ons is beter as die klomp oorkant die water (Amerikaans­e komediante).”

Maar dié reeks is ernstiger en Harry ondersoek alles van sokker tot oorlog en wetenskap om uit te vind hoekom die Britte behep is met die beste wees . . . selfs wanneer hulle nie is nie. “Ons het in 1966 die Sokkerwêre­ldbeker gewen. Ons het van die beste spelers ter wêreld in ons span gehad, maar ons kon nie weer ’n eindstryd haal nie. Hoe maak dit ons die beste? Ons is nie . . . maar jy kan dit nie vir Dave in die plaaslike kroeg vertel nie, hy sal jou moker,” sê Harry. “Ek dink dit gaan meer oor nasionale trots as aanvaardin­g dat ons tog nie so goed is nie.”

Van die ander onderwerpe wat verken word, is kuier in kroeë (episode 2), liefde vir diere (episode 3) en die weer (episode 6). “Al die foute maak daarvan ’n komedie. Ons Britte spog oor ons weer, maar wanneer jy by die venster uitkyk, reën dit of is dit bewolk. Wat is so lekker daaraan? Niks nie, tensy jy Noag is en jy bou ’n ark. Maar ons praat graag daaroor en gee voor Brittanje is ’n tropiese strandpara­dys,” vertel Harry laggend.

 ?? ?? Die komediant Harry Hill (foto) probeer uitvind waarom Britte met dinge behep raak.
Die komediant Harry Hill (foto) probeer uitvind waarom Britte met dinge behep raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa