TV Plus (Afrikaans)

Fire Country

-

Seisoen 1 M-Net (*101) 19:00 Aksie

Reekse oor brande verhoog die temperatuu­r op ons skerms en dis tyd vir ’n nuwe een om die vuur op ons kassies aan te blaas – Fire Country. Die hoofster is Max Thierot (Clay Spenser in die aksiereeks SEAL Team), wat die gevangene Bode Donovan speel. Hy is ook die medeskeppe­r van die reeks wat vervaardig is deur Jerry Bruckheime­r, wat van Hollywood se grootste trefferree­kse gemaak het.

Bode se verlede was moeilik en hy voel nou dis tyd om homself reg te ruk. Hy sluit by die tronk se brandbestr­ydingsprog­ram aan met die hoop sy vonnis sal verminder word. “Hy is gretig om sy lewe in orde te kry, maar nie voorbereid op sy sending nie,” vertel Max. “Bode word na die Three Rock-kamp naby sy tuisdorp Edgewater gestuur.” Dit plaas hom in ’n moeilike posisie omdat hy saam met mense moet werk wat hy ken, van jeugpelle tot familie. “Hy’s die plaaslike swartskaap, dus gaan sy emosies op loop en hy weet nie hoe om dit te beheer nie,” sê Max. “Ek het op ’n dorpie soos Edgewater grootgewor­d en baie van my vriende doen dié soort werk. Dit is dus vir my ’n eer om die rol te speel,” voeg die akteur by. Bode se verhouding met sy ouers, Sharon (Diane Farr, Francesca in die fantasiere­eks Charmed), wat ’n grootkop by Cal Fire is, en Vince (Billy Burke, Charlie Swann in die Twilight-flieks), die brandweerh­oof in Edgewater, is swak en hulle is vervreemd, en die dood van sy suster

Riley (Jade Pettyjohn, Grace Sullivan in die dramareeks Big Sky), het iets daarmee te doen.

 ?? ?? Bode (foto) plaas sy lewe op die spel wanneer hy brande in die noorde van Kalifornië bestry.
Bode (foto) plaas sy lewe op die spel wanneer hy brande in die noorde van Kalifornië bestry.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa