TV Plus (Afrikaans)

Agter Tralies

Seisoen 5 VIA (*147) 20:30 Dokkie

-

Die lewe agter tralies is moeilik en mense beland dikwels daar weens swak besluite. In die TV-reeks Agter Tralies vertel oud-gevangenes hoe hulle in die tjoekie beland en die lesse wat hulle geleer het. Hul boodskap is eenvoudig: Hulle wil ander waarsku om nie dieselfde foute te maak en tronk toe te gaan nie – veral nie in ’n vreemde land nie, soos Pieter Grobler wat in episode 10 (2 Februarie) van die nuwe, vyfde seisoen van Agter Tralies daarvan vertel. “Ek was aan dwelms verslaaf en het ’n drug mule geword om geld te kry,” sê Pieter. Op 27 is hy gevang en het 7 jaar in ’n tronk in Bangkok gesit tot hy in April 2022 vrygelaat is en huis toe gekom het. “Die lewe in die tronk was aaklig,” sê hy. “Ek hoor in Suid-Afrika kan jy darem in die tronk studeer en aan rehabilita­sieprogram­me deelneem. In Bangkok is jy alleen en kry skaars kos in die tronk.” Pieter (34) werk tans op ’n plaas in Tzaneen en sê hy het sy les geleer en wil ander jong mense waarsku teen dwelms en vinnig geldmaak. “Dis nie die moeite werd nie, jy gaan uitgevang word!”

Maxcene Karels (31) van Klerksdorp vertel haar storie in episode 8 (19 Januarie). Dwelms het ook haar lewe regeer en sy het in prostitusi­e verval. In 2014 het Maxcene en ’n groep vriende geld by haar pimp gesteel. Maar dinge het te ver gegaan en hulle het die man doodgemaak. Maxcene en die vriende is gearrestee­r en sy was vir 10 jaar vir roof en poging tot moord opgesluit. Sy is in 2020 vrygelaat en sukkel steeds om ’n vaste werk te kry. “Ek sien hoe die jonges om my in drugs verval, en ek wil hulle help,” sê sy.

 ?? ?? Pieter (foto) tel tans die stukke van sy lewe op nadat hy in Bangkok, Thailand, in die tronk was.
Pieter (foto) tel tans die stukke van sy lewe op nadat hy in Bangkok, Thailand, in die tronk was.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa