TV Plus (Afrikaans)

Who The (Bleep) Did I Marry?

-

Seisoen 6 ID (*252) 21:00 Realiteit

Het jy al ooit gevoel jou lewensmaat kom uit ’n ander wêreld? Moenie alleen voel nie. Die meeste mense met wie onderhoude gevoer is vir die dokkiereek­s Who The (Bleep) Did I Marry? is vroue wat ontdek het hul geliefdes het hulle nie net mislei nie, maar is baie dikwels misdadiger­s, moordenaar­s, swendelaar­s en selfs erger . . .

“Dis verstommen­d om stories te hoor wat so intens is en eerlikwaar klink asof dit vir ’n Hollywood-fliek uitgedink is,” verduideli­k die verteller Jacqueline Hennessy, wat al kleiner stil-rolle in flieks gehad het. “Seisoen 6 is tot dusver die donkerste, want die mense wat onder die loep is, is deur en deur monsters. Daar’s ’n 17-jarige meisie wat met ’n man twee keer ouer as sy begin uitgaan nadat sy hom by ’n sagtebalwe­dstryd ontmoet het . . . en hy maak in die geheim video-opnames van haar wat hy aanlyn verkoop. Dis skrikwekke­nd,” voeg Jacqueline by.

Seisoen 6 is in 2015 gemaak, dus sal dit ’n bietjie oud voel, maar dit word nou uitgesaai in die aanloop tot die splinternu­we seisoen 7, wat volgens die verteller plofbaar is. “Ons het van episodes van 30 minute tot uur lange episodes oorgeskake­l. Dit gaan kykers verras, want dit het nou meer in diepte, ons het nuwe navorsers en kenners in die span wat dit makliker maak om die mense (in die reeks) te verstaan,” vertel Jacqueline. “Ons het ook nuus oor van die oorspronkl­ike gaste, so dis ’n heel goeie pakket. Almal wil weet hoe gaan dit met die vrou wat ontdek het sy gaan met ’n reeksmoord­enaar uit. Ons moet dit verken!”

 ?? ?? Soms is jou geliefde nie wie hulle sê hulle is nie . . .
Soms is jou geliefde nie wie hulle sê hulle is nie . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa