TV Plus (Afrikaans)

DIE BABE VAN BABES!

-

Julia en die skryfspan het hul eie lewens gebruik as inspirasie om Tali se seun in die perfekte kleutersko­ol te kry. “Ek en my man het ons kinders na ons plaaslike skooltjie gestuur en dit was regtig nou nie ’n storie om plek te kry nie, maar dit is iets waarmee baie ander ouers sukkel. Daar is nogal baie komedie om te ontgin rondom daardie onderwerp: Van om jou kinders in dié perfekte kleutersko­ol te kry tot die wedywering om die ClassMom (in Tali se geval is die ma-klaskaptei­n Monique, gespeel deur Sharon Spiegel Wagner), te wees. ’n Baie spesifieke persoon is gewoonlik die klas-ma. Dit lyk dalk onbenullig, maar ek weet dit is nie, dis egter juis die halwe belaglikhe­id wat dit snaaks maak. Jy weet, daardie boodskappe wat die klas-ma moet stuur soos: ‘Onthou asb. dis pajama-dag.’”

Die skrywers moes ook onthou hulle werk met kinders. “Ons het almal kinders, so ons het dit in ons agterkoppe gehad. ‘Sal ons kinders verstaan wat om te doen?’ (wat van die kinderakte­urs verwag word). In die skryfprose­s suggereer ons dus meer kinders pleks van hulle te wys (soos deur klanke te gebruik wat jou laat dink ’n kind is in die agtergrond). Wanneer daar kinders was, het ons dit eenvoudig gehou en al hul tonele op een slag verfilm.

“Ons moes dikwels net daar iets oorskryf want ons was oorambisie­us met van die tonele,” erken Julia.

“Ons het ’n kinderkuns­veilig as fondsinsam­eling en daar was baie veranderli­kes. Die dag voor die verfilming het ons besluit die kinders gaan liefs nie na die veiling genooi word nie (behalwe een meisietjie). Nog ’n moeilike stuk was die skoolkonse­rt. Dit het nie gewerk soos ons wou nie, toe laat ons maar die kinders speel en hou aan verfilm en sny dit in tonele wat by die styl van die program gepas het.” Julia klink of sy weet wat sy doen, maar ons sien Tali is dalk ouer, maar beslis nog nie wyser nie . . .

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa