TV Plus (Afrikaans)

Soveel meer as wat op die kassie gesien word

Rhona en Renske gesels oor hul vriendskap, roem, die drama onder die vroue en of hulle spyt is oor hul deelname aan die reeks.

-

Die Real Housewives

Van Pretoria

Seisoen 1 Donderdae kykNET (*144) 20:00

“Ek kyk elke episode om te weet waarvoor om myself te brace,” sê Rhona Erasmus van didie realiteitr­eeksliik Die Real Hous ewives Van Pretoria. Daar r was al sappige drama, bekge vegte en vergifnis wat ggevra is. En dis maar net ddie punt van die gemaniku urde naels, want di e res van die seisoe n beloof nog me eer onthulling­s en n argumente. Intussen leer ons Rhona en haar bestie in die reeks, Renske Lammerding, beter ken.

EENDIMENS SIONEEL

Renske kyk oo ok elke Donderdaga­a nd die program saam m met haar gesin en sê sy hou nie altyd van wat sy sie n nie. “Dit is regtig cringy y om jouself op die kassie tet sien . . . hoe jy praat, jou maniertjie­s,”m voeg sy lagge nd by. “’n Mens aanvaar jouse lf meer hoe ouer jy word ene met die program moe s ek weer introspeks­ie doend om nie so vas te kykk in hoe ek op kamera lyk nie, of worry oor hoe e ’n plooi of twee te vee el wys nie. Ek moes vrede e maak met hoe ek ly k en nou pla dit my nie meer nie. Dit wat welw van my en die and der vroue vertoon n word – veral hoe ons optree – is eg, maar dis eintlik net 2% van wie ons regtig as mense in normale mstandigh di hede is.”

Rhona sê sy voel daar word ’n baie eendimensi­onele beeld van haar in die program geskep. “Kyk, ek is baie gemaklik daarmee dat ek assertive kan wees maar dis ’n piepklein deeltjie van my. Ek hoop kykers gaan deur die loop van die reeks meer van my ware karakter raaksien. Ek is eintlik ’n baie gemakliker mens wat die lewe nie te ernstig opneem nie.”

’N GEHEGTE VRIENDSKAP

Rhona en Renske is al vir baie jare vriende en Rhona sê dit het haar besluit om aan die reeks deel te neem makliker gemaak. “Ek het geweet daar sal iemand wees wat my werklik ken en met wie ek al jare lank ’n pad stap. Ons kyk uit vir mekaar,” sê Rhona. Renske beaam Rhona se woorde: “My vriendskap met Rhona is vir my belangrik en gemaklik; ons is soos familie en beskerm mekaar.”

TERUG BAKLEI

Rhona sê sy kry steeds vrae van die publiek hoekom sy nie ’n ander deelnemer, Mel Viljoen wat Rhona se man Wikus sleggesê het, voor stok gekry het nie. Rhona het onlangs op haar Instagramb­lad ’n video-geplaas

waarin sy verduideli­k hoekom sy nie terugbakle­i het nie (gaan soek die plasing as jy alles wil sien). Kortom sê Rhona sy “hanteer mense met respek ongeag hoe hulle my hanteer. Ek gaan nie toelaat dat iemand se optrede teenoor my my karakter verander nie.”

’N PAD SAAM MET IEMAND

“Ek was deurgaans baie eerlik oor hoe ek oor Mel voel,” sê Rhona.

“Sy is nie iemand met wie ek noodwendig ’n pad sal stap nie. Net omdat ek dink ons lewensuitk­yk en waardes baie verskil. Ek sê glad nie daarmee ek is reg en sy verkeerd of andersom nie. Ons verskil net baie en het min gemeen. Ek is in ’n fase van my lewe waar my eerste prioriteit my gesin is. Mel is in ’n heel ander fase. Ek was nog nooit kwaad vir Mel oor haar uitlatings nie. Ek dink ons almal moet pa staan vir wat ons sê en doen. Maar haar mening oor my of my man (goed of sleg) het

In Desember wag daar nuwe avonture op die huisvroue wanneer (episode 8, 1 Desember) hulle ’n privaatvlu­g onderneem na Renske en haar man

Heinrich se wildplaas.

“Die plaasbesoe­k was baie kort, daar is soveel meer wat ek sou wou doen en wys om die vroue te bederf,” sê Renske.

Rhona vertel kykers kan uitsien na ’n interessan­te gesprek oor hiënas. “Daar is ook ’n kompetisie waaraan ons almal deelneem en Mel ’n bietjie kroek, en ’n nare vlug huis toe.” In episode 9 (8 Desember) sit hulle af Zanzibar toe. “Daar is pragtige strande, ’n vurige ete op die strand, en ’n oomblik wat jou asem sal wegslaan wanneer iets totaal onverwags en vreesaanja­end gebeur,” verklap Rhona. nie werklik ’n impak op ons nie. Ek respekteer Mel vir alles wat sy bereik het en ek dink sy is ’n gesofistik­eerde en ’n beautiful vrou – jy kan haar altyd deur ’n ring trek. Ek glo regtig ’n mens hoef nie by almal aanklank te vind nie en dit is oukei. Dis die lewe. Maar ek probeer altyd om nie persoonlik te raak nie wanneer ek in ’n argument betrokke is. Om iemand se karakter, fisieke voorkoms of beroep af te kraak, is vir my lelik en onnodig.”

En is Rhona en Renske spyt hulle het aan die reeks deelgeneem? “Ek dink nie ek sou die moed gehad het of ja gesê het as ek geweet het hoeveel drama daar sou wees of die backlash van die publiek nie. Ek kry nie negatiewe persoonlik­e boodskappe nie, maar daar is ’n kuberboeli­e- groep op sosiale media wat besig is om ons lewens uitmekaar te probeer skeur,” sê Renske.

Rhona sê sy is nie spyt nie. “Alles in die lewe het presies soveel betekenis soos wat jy self daaraan gee. Ek het reeds so baie geleer oor myself en ander mense. Ek weier om deur enigiets moeilik of ongemaklik te gaan sonder om die nodige lewensless­e daaruit te leer. Ek is maar ’n bietjie hardkoppig. Wat help dit tog ’n mens ervaar dinge sonder dat jy dit toelaat om jou te skaaf en skuur en ’n beter mens te word nie?”

 ?? ?? Rhona (links) en Renske se vriendskap kom al ’n lang pad.
Rhona (links) en Renske se vriendskap kom al ’n lang pad.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? In hierdie toneel in episode 5 het Rhona vir Marié (inlas) om verskoning gevra omdat sy vir haar gesê het sy gedra haarself soos ’n kind.
In hierdie toneel in episode 5 het Rhona vir Marié (inlas) om verskoning gevra omdat sy vir haar gesê het sy gedra haarself soos ’n kind.
 ?? ?? Rhona (links) en Renske (regs) ondersteun mekaar deur dik en dun.
Rhona (links) en Renske (regs) ondersteun mekaar deur dik en dun.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa