TV Plus (Afrikaans)

’n Nuwe lewensreis

Denver skitter as die skollie Pretty Boy in Karavaan.

-

Karavaan

Seisoen 1 Dinsdae SABC2 (*192) 19:30

Die gesoute akteur en regisseur Denver Vraagom, wat ons as Sheldon in die sepie 7de Laan (lees meer op bl. 20) leer ken het en sedert 2015 gereeld die regie by 7de Laan behartig, was in sy element toe hy die rol van die karaoke-koning Pretty Boy in SABC2 se nuwe dramareeks Karavaan gekry het. “Pretty Boy is een van daai Kaapse kinders wat net sommer wild geraak het,” vertel Denver. “Eintlik het hy baie van my karakterei­enskappe voor ek 4 jaar en 8 maande terug nugter geraak het,” bieg hy. “Karavaan is ’n eg-menslike verhaal oor herontdekk­ing.”

VAT DIE LANG PAD

Pretty Boy se paaie kruis met Hennie

(Kurt Egelhof), ’n sekuriteit­sman wat afgedank is, Renske (Elsabé Daneel), wat in remissie was en wie se kanker terug is, Gert (Albert Maritz), wat ’n beroerte gehad het, en Marshall (Ivan Abrahams) wat ’n afgetrede veearts is. Die vier vat die pad met ’n karavaan en Pretty Boy besluit om by hulle aan te sluit. “Hy ry met ’n motorfiets agter die karavaan aan. Maar net soos die ander karakters het hy ook sy eie storie. Pretty Boy hardloop weg van ’n paar skelms wat sy bloed soek nadat hy ’n sakkie diamante opgetel het.” Hennie wil nie eintlik hê Pretty Boy moet saam met hulle toer nie, maar Renske het ’n sagte hart en draai Hennie se arm sodat Pretty Boy by hul groep aansluit.

Die vyf deurkruis die Weskus en besoek onder meer Paternoste­r, Yzerfontei­n, Vredendal en Vredenburg. “Dit was sommer ’n lekker bonus, want van my familie woon in Saldanhaba­ai en Lambertsba­ai en het kom groet terwyl ons daar verfilm het,” vertel hy.

Al is Pretty Boy bekend as ’n karaoke-koning, sing Denver nie in die reeks nie. “Ook maar goed, want Ivan, saam met wie ek ’n hotelkamer gedeel het toe ons verfilm het, het sy ore toegedruk wanneer ek soggens begin sing het nadat ons ons bloeddrukp­ille gedrink het,” skerts hy.

VAN SPORT NA DRAMA

Denver is 50 jaar terug in Mosselbaai gebore en in Stellenbos­ch getoë. Hy het op skool in verskeie sportsoort­e soos atletiek, sokker en gimnastiek uitgeblink. Maar hy is op skool ook baaie aan toneelspel blootgeste­l en heet aan toneelkomp­etisies deelgene eem. “Die akteur-gogga het toe al gebyt, maar ek het tog besluit o m in 1990 ná matriek menslike beewegings­kunde aan die Universite eit van Wes-Kaapland (UWK) te st udeer. Halfpad deur my eerste jaar heet ek vir my pa gesê hy mmors sy geld. Nadat my paaie in 1992 met Margit Meyer-Rödenbeck (Vera Klopper in kykNET se dramareeks Die Boekklub se seisoen 3) en Pedro Kruger (aanbieder Klavier Kuiers) by die Breugel-teater gekruis het, was die koeël deur die kerk en ek het begin om kinderteat­er te doen.” Sedertdien blink hy ook uit TV-reekse soos Swartwater se seisoen 2 (as Riaan Deetlefs) en het onder meer sy naam as aanbieder van die speletjies­program Words And Numbers (op SABC2) gevestig, asook as regisseur van 7de Laan.

NUWE BLAADJIE

Hy draai geen doekies om oor sy stryd met die alkoholdui­wel nie. “Ek het op 15-jarige ouderdom, toe ek op hoërskool op dramatoere was, skelm begin drink,” vertel hy. Denver, wat sedert 2005 met die 7de Laan-aktrise Ingrid Paulus ( Vanessa in 7de Laan) getroud is, sê die gevaarligt­e het begin flikker toe sy oudste dogter Skye (nou 18) eendag vir haar ma gesê het: “Why do you believe him, he is never going to change.” Sy het natuurlik van sy drinkery gepraat. Denver is reeds 56 maande sober. “Ek het geleer om dit minuut vir minuut en dag vir dag te vat.”

Buiten radiowerk en oorklankin­g (hy is onder andere die stem van Jahid in die oorgeklank­te telenovell­e Die Ysterhand Se Greep, meer op bl. 31) wil hy ook sy hand aan ’n televisie- of fliekdraai­boek waag. “Andersins wil ek net aangaan waarmee ek besig is. Elke rol of werk is ’n blessing, hoewel elke medium sy uitdagings het.”

 ?? ??
 ?? ?? Denver Vraagom (bo) wat Pretty Boy in Karavaan speel, ’n gesinsman en lief vir aktrise-vrou, Ingrid Paulus (inlas reg
en sy dogters Hannah Elizabeth (2, inlas links) en Skye (18). .
Denver Vraagom (bo) wat Pretty Boy in Karavaan speel, ’n gesinsman en lief vir aktrise-vrou, Ingrid Paulus (inlas reg en sy dogters Hannah Elizabeth (2, inlas links) en Skye (18). .
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa