TV Plus (Afrikaans)

Man van vele talente

Melt Sieberhage­n vestig sy naam voor en agter die skerm.

-

Fraksie

Seisoen 1 Dinsdae kykNET (*144) 20:00

Voordat die akteur Melt Sieberhage­n die rol van Henk in die dramareeks Fraksie gekry het, was hy ’n lid van die skryfspan. “Terwyl ons aan die reeks geskryf het, het ek nooit gedroom ek sou een van die hoofrolle, Henk, kry nie,” vertel hy. Maar toe hy die rol kry en voor die kameras begin werk, het hy besef hy sit nou op ’n ander stoel. “Ek het geweet ek moet voortaan net op die vertolking van my eie karakter fokus.”

KOMPLEKSE KARAKTER

Henk is ver verwyderd van die vorige karakters wat Melt vertolk het. Henk was hoof van IT by die maatskappy T&M Holdings en Schalk (Edwin van der Walt) het sy arm gedraai om in die maatskappy QPI te belê. Hy is geskei en sy 19-jarige seun JP (Hendrik Nieuwoudt) woon saam met hom en ’n vriend, Donovan (Brendon Daniels), ’n geleenthei­dsbeplanne­r. “Henk is ’n regte korrelkop en iesegrimmi­g. Hy lewe in ’n binêre wêreld van 0 of 1 en raak vreeslik gefrustree­rd wanneer sake nie vlot verloop nie.

Hy het uiteraard nie goeie menseverho­udinge nie,” gesels Melt oor sy karakter. “Wanneer JP by hom kom bly, is hy nie antagonist­ies teenoor hom nie; hy weet net nie hoe om die outjie te hanteer nie. Hul verhouding verbeter wel mettertyd.” Donovan en Henk het ook ’n komplekse verhouding. “Donovan het Henk, wat in sak en as ná sy egskeiding en ’n mislukte sakegeleen­theid was, ’n heenkome gebied. Hy het ’n kalmerende effek op Henk se soms onstuimige gemoed.”

GULDE GELEENTHEI­D

Melt wat al saam met die vervaardig­ers Louis Pretorius en Albert Snyman voor die kamera gewerk het in die romkom Troukoors (Nathan, beskikbaar op Showmax) en die drama Fynskrif (Marco, ook op Showmax), sê dit was ’n gulde geleenthei­d om saam met die hoofskrywe­r Louis Pretorius en twee ander gesoute skrywers, Stephen Simm en Rosalind Butler, aan Fraksie te skryf. “Dit was wonderlik om te sien hoe Louis alles bymekaarbr­ing. My skryfwerk neig na die minder ernstige kant en dit was ’n goeie leerskool.”

KOMEDIE SY KOS

Melt het in 2001 sy honneursgr­aad in drama aan Tukkies (Universite­it van Pretoria) voltooi. Hy het in die TV-bedryf agter die skerms as navorser vir die tydskrifpr­ogramme Kwêla en Kunskafee begin werk en in 2003 was hy insetselre­gisseur. “In 2006 het ek standup- komedie begin doen.”

Talle mense herken hom vir sy deelname aan die improvisas­iekomedie Proesstraa­t (2010-2016).

Toe was sy handelsmer­k sy lang, blonde lokke. “Ek en die regisseur Harald Richter het in een episode in 2013 saam met die gas, Hannon Bothma, van die leefstylpr­ogram Glam Guru saamgeswee­r, my hare sal moet waai. Maar wyle Elize Cawood, die spelleier, en Pierre Breytenbac­h, wat ook aan die reeks deelgeneem het, het nie gedink dit is snaaks nie,” onthou hy.

HUWELIKSKL­OKKIES

Melt en sy verloofde Maryke Nel, wat kostumerin­g vir plaaslike en internasio­nale produksies doen, het hulle drie jaar gelede in Drieankerb­aai in Kaapstad gevestig. Die huwelikskl­okkies lui in Maart in die Robertsonv­allei vir die paartije. Hy skryf ook deesdae tekste vir die leefstylre­eks Wanderlus (seisoen 2 word tans op Saterdae om 19:30 op kykNET uitgesaai) “Ek is dankbaar dat ek ná 20 jaar steeds in die bedryf kan werk. Twee jaar terug tydens die Covid-pandemie en die inperking was ek maar ’n bietjie mismoedig. Maar nou kan ek weer met nuwe moed, dankbaarhe­id en vreugde sê: ‘Ek is nog hier’!”

 ?? ?? Melt (links) en sy verloofde Maryke Nel (regs) trou in Maart.
Melt (links) en sy verloofde Maryke Nel (regs) trou in Maart.
 ?? ?? Melt en Maryke se kat Kevin.
Melt en Maryke se kat Kevin.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa