TV Plus (Afrikaans)

Jaloesie en verwyte

Anja se besluit om langer te bly, het groot gevolge.

-

Hoewel almal gedink het die twee susters Sanet (Nadia Valvekens) en Anja (Reandi Grey) gaan ná hul ma, Lydia (Rika Sennett), se dood versoen, lyk die kanse maar skraal. Anja besluit om langer te bly ná Lydia se begrafnis, maar al die herinnerin­ge van die verlede begin nou by haar spook. Leon (James Borthwick) – die susters se pa wat vir die begrafnis gekom het – probeer die vrede tussen sy dogters herstel, maar dit lyk nie asof hy dit gaan regkry nie.

TWEEDE KEUSE

Van die ou herinnerin­ge wat Anja teister, is hoe verlief sy en Rossouw (Altus Theart), wat met Sanet getroud is, in hul tienerjare was, vertel Reandi. “Maar daar was ook slegte dinge wat sy onthou. Sy kan nie vergeet hoe streng Rossouw se pa, Gys (Justin Strydom), met haar was toe hy haar afgerig het nie. Hy wou hê sy moet ’n Olimpiese swemmer word en nou plaas hy dieselfde druk op sy kleindogte­r Karla (Danielle Swanepoel), Rossouw en Sanet se dogter.” En nóg iets slegs het gebeur, wat sy nie nou al mag verklap nie . . .

“Anja besluit om verskeie redes om langer in Suid-Afrika te bly. Sy besef daar’s groot fout met Karla en wil haar help. Maar sy sien terselfder­tyd Rossouw is nie gelukkig nie, en wil hom ondersteun. En merk ook Sanet het baie seer ná hul ma se dood en sy wil na haar uitreik,” vertel Reandi.

Maar dis ’n tameletjie om haar bande met Sanet te herstel. “Sanet weet sy was Rossouw se tweede keuse en Anja sy eerste keuse.”

BRIEF EN BEDREIGING

Wanneer Lydia se testament gelees word, kry Anja terselfder­tyd ’n brief wat Lydia spesiaal vir haar agtergelaa­t het. Daar’s nie ’n brief vir Sanet nie en dit maak Sanet nóg bitterder. “Lydia het destyds nooit Anja se planne goedgekeur nie en vra om verskoning daarvoor in die brief, en dit bring vrede in Anja se gemoed,” vertel Reandi.

Nadia sê die brief bring net slegte herinnerin­ge vir Sanet uit haar kinderjare terug. “Anja was altyd die ster en Sanet was in haar skaduwee.” Sanet het groot drome vir haar kinders, en vir haar en Rossouw, maar sy voel buite beheer vandat Anja terug is.

Almal wonder of Anja en Rossouw nog gevoelens vir mekaar het. “Hulle sal altyd gevoelens vir mekaar hê, veral omdat dinge so sleg vir hul verhouding geëindig het,” verklap Reandi. Maar wat destyds tussen hulle gebeur het, sal eers later op die lappe kom.

VERLEDE KEER

Lydia het gesterf, Anja het haar ware gevoelens teenoor haar suster Sanet gewys, en Henry se dobbelary het handuit geruk.

IN DIÉ UITGAWE

Leon veroorsaak verdere spanning tussen Sanet en Anja, wrywing tussen die twee oupas lei tot ’n vuisgeveg, en die vernederin­g word net te erg vir die gefolterde Karla, wie se eensaamhei­d dreig om haar heeltemal te verswelg. Tshepo en Nina smee ’n hegte nuwe band, Anja stoei met haar moeilike troebel herinnerin­ge in die swembad, en ’n diep gesprek tussen Leon en Anja lei tot ’n waarskuwin­g oor Sanet. ’n Ete dryf ’n wig tussen Meghan en Gys in, Nina neem ’n sterk standpunt in teenoor Johan, en om ’n verhouding te bou is moeiliker as vlindersla­g. Finansies besorg hoofbreken­s, ’n donker geheim word amper oopgevlek, en Lydia se testament word gelees.

’n Spesiale brief laat iemand rooi sien, Gys en die mededingen­de afrigter Frederick weet net hoe om mekaar om te krap, en die spanning loop hoog in die Rossouw-huis. Gys word in die openbaar verneder, twee mense ervaar ‘n onverwagte oomblik, en ’n sosiale mediaplasi­ng versprei soos ’n veldbrand. Henry probeer Jacques se wenke vir sy hartsake toepas, Johan se woede kook oor, en Zelda verlustig haarself in Gys se probleme. Johan dryf sy liggaam heeltemal te ver, Henry probeer hard om Lettie terug te wen, en Anja is baie bekommerd oor Rossouw.

SPELERS: Anja Botha Reandi Grey • Ansie Zelné Anderson • Arno van der Westhuizen Jean Henry • Betsie Anina Oberholzer • Braam Gert van Niekerk • Deidre (Dee Dee) Nienaber Janel Jordaan • Dominee Kobus Harmse • Donovan Quillion Lawrence • Dr. Marlene Theron Bernie Steneveld • Dr. Tebeho Kabi Sekoati Tsubane • Frederick David James • Gys Swarts Justin Strydom • Henry Jakobus Paddu Stiaan Bruwer • Jacques Swarts Werner Coetser • Jan Gregg Pettigrew • Johan Swarts Liam Bosman • Jong Anja Tené Minderon • Jong Rossouw Jaco Schoeman • Jong Sanet Naret Loots • Karla Swarts Danielle Swanepoel • Lebo Mpule Mathole • Leon James Borthwick • Lettie Adonis Stephanie Baartman • Lydia Botha Rika Sennet • Meghan Swarts Lea Vivier • Nina de Wet Reze-Tiana Wessels • Nomsa Claudia Jones • Pam Joubert Tracy Lee Oliver • Rose de Wet Eloise Cupido • Rossouw Swarts Altus Theart • Sanet Swarts Nadia Valvekens • Sjef Louis Michael Julius • Tannie Bybie Bekker Lizz Meiring • Tommie Righard van Jaarsveld • Tshepo Bhuti Johnny Potsanyane • Wanda Philicity Reeken • Wim de Wet Neels van Jaarsveld • Yolandi Milie Dintoe • Zelda Joubert Sandi Schultz

 ?? ?? Leon (regs) berispe sy dogter Sanet (links) oor haar en haar suster se troebel verhouding.
Leon (regs) berispe sy dogter Sanet (links) oor haar en haar suster se troebel verhouding.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa