TV Plus (Afrikaans)

Die waarheid kom uit

Chiron se Genevieve Lee verskyn en koppe gaan rol!

-

Die spioen-sage gaan sy klimaks bereik en die magtige At Koster (Hans Strydom) moet lig loop: Dis nie net die spioen Ewa Marinov alias Andrea Hayden (Bianca Amato) wat op sy spoor is nie, maar later ook die Chiron-hospitaal se HUB Genevieve Lee (Delia Pereira, Mariana in die aksiereeks Projek Dina). En Genevieve raak sommer vinnig van ’n klippie in haar skoen ontslae – selfs een so groot soos At.

WAT LAAS GEBEUR HET

Die Amerikaans­e Finansiële Aksietaakm­ag (FATF) het At onlangs begin ondersoek weens die wanbestedi­ng van internasio­nale hulpfinans­iering. Ewa, ’n lid van die FATF, werk in die geheim om uit te vind of At betrokke is by geld wat verdwyn het terwyl hy by die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie in Nigerië gewerk het.

Ewa gee voor sy is ’n konsultant vir die EFIO, ’n fiktiewe Europese finansieri­ngsagentsk­ap wat vennootska­ppe met hospitale in Suid-Afrika wil sluit. Sy het alles in Pretoria ondersoek wat sy kan, en die spoor lei haar nou na Nigerië. “Dis moeilik vir Ewa om haar tasse te pak, want sy het verlief geraak op dr. Steve (Clint Brink) wat by die Binneland-kliniek werk,” sê Bianca. “Sonder om te veel te verklap neem sy afskeid van Steve.”

BELANGRIKE INLIGTING

Steve word onbewustel­ik deel van Ewa se ondersoek wanneer hy ’n vreemde boodskap kry van sy ou vriend Sani (Chrispen Nyathi, Charleston Ncube in die telenovell­e Diep City), wat Clint in 2021 in Nigerië ontmoet het toe hy, en sy kollegas daar was om met At oor die samesmelti­ng van Binneland en die Southern Hope-hospitaal te praat. “Steve sal daai tyd nooit vergeet nie, want daar was ’n bomontplof­fing by die hotel waar hulle gebly het. As dit nie vir Sani was nie sou hulle nie lewend teruggekom het nie,” sê Clint. Sani karring aan Steve om hom te besoek en weier om die inligting wat hy vir Steve het oor die foon te bespreek, dus besluit Steve om Nigerië toe te vlieg. Intussen kry At snuf in die neus oor Andrea en nadat hy met sy kontakte praat, weet hy sy jok oor wie sy is.

’N BANDOPNAME

In Nigerië kan Steve sy ore nie glo wat Sani hom vertel nie: “Sani vermoed ’n man genaamd Akin (Aubrey Mmakola, Watson in die fliek Rowwe Diamante) is vermoor. A k inwas hospitaal hoof en Genevieve Lees e besigheid s vennoot by Chiron,” sê C lint.

Sani sê hy ken Akin en Genevieve goed, want hulle het baie tuisgegaan by die hotel waar Sani werk. Almal het gedink Akin is destyds aan ’n hartaanval oorlede, maar Sani het onlangs ’n bandopname van Akin in die hotel ontdek. “In die opname beweer Akin al die geld om die hospitaal in Nigerië te bou, het oornag verdwyn. As dit op die lappe kom, sou alle vingers na At wys, maar volgens Akin, en sy ondersoek, het Genevieve die geld gesteel.” Steve is geskok, maar voor hy die inligting kan verwerk, stap Ewa by die kroeg in. Steve is nou op sy hoede en wanneer hy Ewa later in sy hotelkamer betrap, rig hy sy vuurwapen sonder skroom op haar . . .

 ?? ?? Genevieve (regs) beplan om van At (links) ontslae te raak.
Genevieve (regs) beplan om van At (links) ontslae te raak.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa