TV Plus (Afrikaans)

Liefde op die horison?!

Petra is terug in Arendsvlei en het haar oog op Hein van alle mense . . .

-

Ons het so gehoop Hein (Merlin Balie) en Yvette (Charlene le Roux) sal versoen raak nadat hulle in November saamgewerk het om Hein se oorlede seun, Anton (Dean Richard Olivier), se bakkery uit die kloue van sy bose ma, Natalie (Carmen Maarman), te kry. Maar hulle besluit dis beter indien hul liefdespaa­ie finaal skei, sê Merlin. “Daar het te veel water in die see geloop met Hein wat Yvette verstoot het ná Anton se dood (in September) en dit sal beter wees as hulle net vriende en sakevennot­e in die bakkery bly as om hul gebroke verhouding te probeer fix,” verduideli­k hy.

Maar die liefde wink reeds weer vir Hein wanneer sy ou vyand, Petra (Shimmy Isaacs) in Arendsvlei opdaag en vir hom ogies maak . . .

PETRA EN ZANE

Petra was in 2020 laas in die Vlei toe sy die ontvangsda­me was by die Hoërskool Arendsvlei. Sy en Hein, die skoolopsig­ter, het gereeld koppe gestamp oor aktiwiteit­e by en opknapping­s aan die skool.

Petra se seun Zane (Gershwin Mias), was destyds ook in groot moeilikhei­d by die gereg omdat hy deur die skollie Woelag (wyle Ceagen Arendse) gedwing is om dwelms by die skool te verkoop. “Zane het intussen sy lewe omgekeer, die dwelms gelos en gefokus op ’n loopbaan as sokkerspel­er. Petra werk nou vir die munisipali­teit en sy is in beheer van die waterstels­els wat mense wil installeer,” sê Shimmy. “Petra is juis in Arendsvlei omdat sy gehoor het die Hoërskool Arendsvlei het ’n gryswaters­telsel geïnstalle­er en sy wil dit inspect.”

ONKANT GEVANG

Hein was verantwoor­delik vir die installeri­ng van die gryswaters­telsel en is dadelik op sy perdjie wanneer hy hoor Petra is die een wat sy werk moet ondersoek. Maar wanneer Petra opdaag, is sy so mak soos ’n lammetjie en prys Hein se werk wat hy glad nie verwag het nie. Asof dit nie vreemd genoeg is vir Petra om sy lof te besing nie, vra sy hom kort daarna uit op ’n afsrpaak. “Hein is heeltemal geskok, want dis die laaste ding wat hy verwag het,” sê Merlin. Maar nadat hy ’n bietjie daaroor gedink het, stem hy in om saam met haar uit te gaan om te sien of hulle ten spyte van die verlede nou oor die weg kan kom.

Petra is baie opgewonde oor haar en Hein se ete by Mortlocks-restaurant, maar voor hulle kos kan bestel, is Hein skielik vreeslik ongemaklik en staan sommer skielik op en loop – met Petra wat verbaas toekyk. “Petra voel verneder,” sê Shimmy.

Hein het verdwyn omdat hy oorweldig gevoel het, verduideli­k Merlin sy karakter se kant. “Dinge voel net weird. Hy is nie gewoond aan dates nie en hier sit hy sommer met ’n nuwe vrou kort nadat hy en Yvette uitgemaak het. Hy is deurmekaar en wil eintlik net sy kop skoon kry.”

Dalk het hy nie die moed om dit vir Petra te verduideli­k nie, of dalk is hulle bestem om eerder net kennise te bly. Wie weet ook hoekom Petra nou skielik so baie van Hein hou.

 ?? ?? Hein (regs) vind dit vreemd om sjokolade van Petra (inlas) te kry wanneer sy hom op ’n afspraak vra.
Hein (regs) vind dit vreemd om sjokolade van Petra (inlas) te kry wanneer sy hom op ’n afspraak vra.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa