TV Plus (Afrikaans)

GYSELAARSD­RAMA

-

Die Hoërskool Arendsvlei se hoof, Beatrice Cupido (Jolene Martin) se vakansie op haar universite­itsvriend

Theo (Roché Kilian) se plaas ontaard in een groot nagmerrie! Sy het aanvanklik gegaan om Theo te help met sy plaasskool en om te rus, maar met Clint (Clayton Evertson), haar aanaf-kêrel wat as polisiespi­oen werk en ook by die plaas opgedaag het, is daar geen rus vir haar siel nie.

“Sy is deurmekaar, want sy het maande laas van Clint gehoor en het vandat sy op die plaas is gevoelens ontwikkel vir Theo – wat (einde November) vir haar vertel het hy het sedert hul universite­itsdae ’n crush op haar, en nou is Clint hier. En boonop sê hy sy naam is Mo en nou moet Beatrice maak asof sy hom nie ken nie,” verduideli­k Jolene.

Clint is besig met ’n geheime missie (wat ons nie mag verklap nie) en daarom gee hy voor hy is Mo – Theo se vriendin en werknemer Jessie (Melissa Pretorius) – se man.

“Beatrice hou nie daarvan om vir Theo te jok nie, maar om Clint te beskerm hou sy haar mond oor sy ware identiteit, maar wat sy nie verwag nie is haar jaloesie dat Clint/Mo Jessie se man is, al weet sy dis waarskynli­k nie waar nie en deel van Clint se sending,” sê Jolene.

Wanneer Clint en Beatrice alleen is, probeer Clint verduideli­k wat aangaan en wat hy op die plaas ondersoek en wie Jessie werklik is, maar Beatrice wil niks hoor nie. “Beatrice is woedend en weier om te kalmeer,” sê Clayton. “En dan raak die arme man oorweldig en vra Beatrice uit die bloute om te trou om te bewys hy is lief vir haar.”

Jolene sê Beatrice wil nie na rede luister nie en maak selfs sy huweliksaa­nsoek af as niks. Later gaan verken sy die plaas op haar eie om net weg te kom van Clint en al sy geheime, en dis dan wanneer sy op iets verdags afkom wat haar en Clint in groot moeilikhei­d gaan laat beland – hulle word sommer gyselaar gehou daaroor! Gaan Clint hulle uit die penarie kan red? Verseker! Maar of Beatrice hom dié keer gaan vergewe en hom weer ’n kans gaan gee, is ’n ander vraag.

 ?? ?? Iemand dreig Beatrice (links) en Clint (regs) wanneer hulle op Theo se plaas gyselaar gehou word.
Iemand dreig Beatrice (links) en Clint (regs) wanneer hulle op Theo se plaas gyselaar gehou word.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa