TV Plus (Afrikaans)

Weekdae 19:30

eExtra

- @ETVSA @ETV @ETVONLINE

Weekdae eExtra (*195/Openview 105) 12:25

VERLEDE KEER

Eda het vir die nuwe vennoot, Efe, in Serkan se argitekfir­ma begin werk, Serkan het die skuld gekry toe ’n gebou inmekaarge­stort het, en Serkan het vermoed Eda is swanger.

IN DIÉ UITGAWE

Efe erken wat hy werklik in die mou gevoer het by die firma, maar die prys vir die waarheid is dalk baie hoër as wat hy verwag, en Aydan neem Eda in haar vertroue. Serkan is dalk te laat wanneer hy uiteindeli­k besluit om sy geheim aan Eda te vertel, en die waarheid laat Eda en Serkan se verhouding in die lug hang. Ferit en Alptekin het ernstige sakeooreen­komste op die tafel, en ’n belowende geleenthei­d kom op Ayfer se pad.

Eda konfrontee­r Alptekin nadat Serkan aan haar beken hy het haar afgesê nadat Serkan uitgevind het sy pa Alptekin se nalatighei­d het haar ouers se dood veroorsaak. Serkan stuur Selin in haar peetjie wanneer sy ’n intieme oomblik tussen hom en Eda onderbreek, wat steeds steier omdat Serkan haar familiegeh­eim ken.

Eda besluit om ’n geheim vir haarself te hou wanneer sy sien hoe opgewonde is Ayfer oor haar nuwe sakegeleen­theid, maar deel nie haar kommer nie. Aydan gebruik die liefdadigh­eidsveilin­g om vriende se hulp in te roep sodat sy Serkan en Eda se verhouding kan red, terwyl Selin in Serkan se pad probeer kom wanneer hy Eda privaat wil kontak. Efe hoor ’n sappige geheim wanneer hy op sy laaste dag by ArtLife sy sake afhandel. Daar is ’n groot misverstan­d wanneer almal op Eda se plek toesak om die aand daar deur te bring.

SPELERS: (met stemakteur­s waar beskikbaar): Alptekin Bolat Ahmet Somer (Charlton George) • Aydan Bolat Neslihan Yeldan (Stephanie Hough) • Ayfer Yildiz Evrim Dogan (Lyntjie Jaars) • Ceren Basar Melisa Döngel (Margot Kotze) • Eda Yildiz Hande Erçel (Meggan Johnsone) • Efe Akman Ali Ersan Duru • Engin Sezgin Anil Ilter (Dugald Pieterse) • Erdem Sarp Bozkurt (Leceur Viljoen) • Ferit Simsek Cagri Citanak (Whaden Johannes) • Figen Sitare Akbas (Shannon Williams) • Kaan Karadag Ismail Ege Sasmaz (Redione Stephens) • Leyla Ilkyaz Aslan (Elizna Swanepoel) •Melo/ Melek Elcin Afacan (Micka Alexander) • Piril Basak Gümül-cinelioglu (Kenley Swart) • Selin Atakan Bige Onal (Lea Vivier) • Serkan Bolat Kerem Bürsin (Adriaan Havenga) • Seyfi Alican Aytekin (Hein Poole)

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa