TV Plus (Afrikaans)

Ma.-Do. 17:30

kykNET & kie

- @KYKNETKIE @KYKNETKIE @KYKNETKIE

Di.-Vr. kykNET & kie (*145) 13:00-14:00 Saterdae kykNET & kie 10:00-14:00

VERLEDE KEER

Iclal het haar ongebore baba gebruik om Aytul aan haar kant te kry, maar Aytul wou niks daarvan weet nie en het daarop aangedring dat Iclal ’n aborsie kry. Kerem was vasbeslote om Nur en Yigit uitmekaar te hou, Kerem het Nur ’n aanbod gemaak wat sy nie kon weerstaan nie, en Yigit het Nur ontvoer en die beste van ’n slegte situasie probeer maak.

IN DIÉ UITGAWE

’n Woedende Cahit jaag sy vrou, Nazan, uit die huis uit, Elmas is opgewonde om in te trek ondanks Aytul en Iclal se besware, en Yigit waarsku Kerem om van Nur af weg te bly. Iclal gebruik Mert om

Nur emosioneel af te pers en dit lei tot ’n groot bakleiery tussen Iclal en Yigit. Cahit keer Nazan die rug toe en maak Nazan haar familie se probleem, Nazan se broers daag by die herehuis op en eis vergoeding, en Yigit is ontsteld oor die nuus in die koerante oor Nur en Kerem. Iclal het ’n miskraam, Tayyar en Hafize kry ’n nare verrassing wanneer hulle van hul reise af terugkeer, en Yigit sê vir Nur hy sal haar alleen los al glo hy nie dis wat sy wil hê nie.

Nur en Kerem bevestig hul ooreenkoms, Elmas en Cahit stamp weer koppe, maar die aandete met die toekomstig­e skoonfamil­ie gaan voort. Kerem en Nur word by sy liefdesnes gevang – presies soos hulle dit beplan het sodat almal dink hulle is ’n paartjie al is hulle nie saam nie – en Sukriya skrik wanneer sy Nur sien. Nur sien Iclal se motor naby haar huis, Elmas moedig Nur aan om ’n lewe saam met Kerem te bou, en Hafize sukkel om Cahit te vertrou en vra Elmas vir raad oor wat om te doen.

SPELERS (met stemkunste­naars waar beskikbaar): Aytul Aysegül Günay (Karin Retief) • Cahit Kozan Tugay Mercan (Denver Vraagom) • Elmas Tugce Kumral (Mia-Anne O’Kennedy) • Emin Yagizkan Dikmen • Firat Hakan Dinçkol • Gazanfer Ergun Tas • Hafize Hülya Gülsen Irmak (Susan Coetzer) • Iclal Safak Pekdemir (Shemane Harris) • Kerem Sencan Güleryüz • Mert Poyraz Bayramoglu (Jeandré Baard) • Nazan Yonca Cevher (Sanli Jooste) • Nur Amine Gulse (Sue Pyler-Slabbert) • Sinan Eren Hacisaliho­glu • Sukriya (nie beskikbaar nie) • Tayyar Ümit Yesin (Andreas Jordaan) • Yaren Kozan Ege Kökenli (Claudia Jones) • Yigit Kozan Tolgahan Sayisman (Gustav Gerdener)

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa