TV Plus (Afrikaans)

Weekdae 21:30

e.tv

- @ETVSA @ETV @ETVONLINE

Daar is tans geen herhalings of ’n omnibus nie.

VERLEDE KEER

Velaphi het ingewortel geraak in die misdaadwêr­eld, Mam Rebs het Khaya afgepers oor sy werk as ’n sekswerker, en Boniswa het teruggekee­r huis toe en vir ’n egskeiding gevra.

IN DIÉ UITGAWE

Velaphi en Slender se eerste amptelike misdade is ’n verleenthe­id, Jupiter verklaar sy liefde aan Enhle, en Nandi word gered van ’n byna traumaties­e situasie. Iemand wil weer ’n sekswerker word, Boniswa verras almal met haar binnekoms, en Mam Rebs is geskok. Nkanyiso is gereed om enigiets te doen om te kry wat hy van die Mabuzas wil hê, Velaphi maak opslae in die gemeenskap as een van die nuwe misdadiger­s, en Mvubu word oorreed.

Mam Reb gaan uit haar pad om Nkanyiso met feitlik niks agter te laat nie ná sy moontlike egskeiding. Mam Rebs probeer Boniswa se egskeiding vertraag, en iemand is ’n treffer by The Black Door. Boniswa is steeds bereid om moord te pleeg vir Nkanyiso, Velaphi het nuwe drome, en Romeo en Khaya kry ’n vennoot.

Velaphi dreig sy afrigter, en Boniswa en Mam Rebs se verhouding gaan steeds agteruit. Nkanyiso probeer sake regstel met Boniswa, en Khaya neem ’n groot besluit. Boniswa en Nkanyiso onderteken die egskeiding­sdokumente, en Thenjiwe kom tot ’n groot besef. Boniswa se geheue kom stadig terug en dryf Mam Rebs in ’n hoek, en Velaphi en Slender word uitgevang. Khaya is spyt en Nandi is agterdogti­g.

SPELERS: Boniswa Gabisile Tshabalala • Boy-Boy Nkululeko Selepe • Bra Gibb Sello Ramalahloa­ne • Bra Kenny Bhekumuzi Mkwanazi • Candy Melinda Lupindo • Chuma Sokhulu Thobani Nzuza • Enhle Nolwazi Kweyama • Frans Siphiwe Nkosi • Junior Sandile Mfusi • Jupiter Oscar Mgudlwa • Khaya

Sokhulu Zamani Mbatha • Malume Bulelani Kerr Nyawo • Mam Rebs (Rebecca) Mahlangu Linda Sebezo • Martha Ontiretse Radipabe • Mvubu Sandile Dlamini • Malume

Bulelani Kerr Nyawo • Nandi Sibonginko­si Tenza • Nelly Dikeledi Modubu • Nkanyiso Mzikayise Makroti • NoCollege

Babalwa Sigcau • Nolitha Sibulele Ntlebi • Nomsa Velaphi Mnisi • Ntsiki Nonhlupho Thelma Siboza • Romeo Mzamo Gcabashe • Rosina Noluthando Dloboyi • Sabelo SK Khoza • Short Gun Kabelo Tsotetsi • Slender Prince Phaliso • Steja Kere Nyawo • Thenjiwe Nonkululek­o Mbatha • Velaphi

Kwanda Manyashi • Vuvuzela Thulani Maestro Ntombela

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa