TV Plus (Afrikaans)

Weekdae 20:30

eExtra

- @OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE

Weekdae e.tv (DStv *194) 10:30; eExtra (*195) 04:05 Saterdae eExtra 10:45

VERLEDE KEER

Sakine wou duidelik hê Benal moes uit die huis trek, Zeynep het wonderlike nuus gekry, en Emine het nader aan die waarheid oor Faruk gekom. Nuh was ’n gebroke man weens Emine se houding teenoor hom, dinge tussen Mehdi en Zeynep was gespanne, en daar was ’n hartroeren­de oomblik tussen Sakine en Nermin.

IN DIÉ UITGAWE

Müjgan verbrand al die foto’s wat sy in ’n boksie vol herinnerin­ge gehou het, Mehdi word vrygelaat wanneer Burhan besluit om nie ’n klagte teen hom in te dien nie, en Sultan kondig aan sy het die huis en winkel verkoop. Mehdi het steeds ’n probleem met sy humeur, en Zeynep kry goeie nuus by die werk. Mehdi oorskry ’n grens met Zeynep en dit herinner haar aan haar nagmerriek­inderdae, Sakine is verpletter wanneer haar dogter haar vertel wat sy oor haar huwelik gaan doen, en Nuh oortuig Mehdi om Zeynep om verskoning te vra omdat hy haar in die huis toegesluit het. Cemile is ontsteld omdat Nuh nie vir Mehdi van hulle vertel het nie, en Müjgan konkel om Benal in die huis te laat trek sodra Zeynep uittrek. Zeynep en Sakine trek by Sultan se plek in, en Kiewiet is ontsteld oor die skeiding. Zeynep nooi Nermin om saam met hulle in die nuwe huis te woon, en Mehdi besluit om sy motorwerks­winkel te verkoop en ’n nuwe besigheid saam met Nuh te begin. Zeynep kry hulp van Baris en trek in haar nuwe huis in, maar moeilikhei­d wag op haar, en Nuh en Mehdi gaan vir ’n belangrike onderhoud.

SPELERS (met stemakteur­s waar beskikbaar): Ali Emir Taha Sari (Pieter de Weerdt) • Baris Engin Öztürk • Bayram Sinan Demirer (Andreas Jordaan) • BenaI Incinur Dasdemir• Burhan Teoman Kumbaracib­asi • Celal Mehmet Korhan Firat (Bradley Olivier) • Cemile Elif Sönmez (Christelle van den Bergh) • Ekrem Spyker Kirmizigül (Zane Meas) • Emine Naz Göktan (Annabel Kohl) • Faruk Engin Hepileri (De

Waal Stemmet) • Kiewiet (Kibrit) Helin Kandemir (Melissa Massyn) • Mehdi Ibrahim Çelikkol (Theodore Jantjies) • Meltem Hilal Uysun • Müjgan Zeynep Kumral (Vasti Welthagen) • Nermin Senan Kara (Mariëtte Engelen) • Nuh Fatih Koyunoglu (Reginald Hufkie) • Sakine

Zuhal Gencer (Shemane Harris) • Sultan Hülya Duyar (Roeline Spruÿt) • Yasemin Kyara Zabçi (Ezelle Bezuidenho­ut) • Zeliha Nursim Demir (Magda van Biljon) • Zeynep Demet Özdemir (Mari Molefe van Heerden)

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa