TV Plus (Afrikaans)

ONTMOET DIE KARAKTERS

Hier is meer oor die karakters van Donkerbos wat elkeen ’n belangrike rol speel in hoe die storie ontvou:

-

Jaco van Wyk (Jacques Bessenger, Jaco Kruger in die dramareeks Fynskrif)

is Fanie se man wat baie gemaklik was in sy kantoorwer­k in Pretoria. Nou werk hy op ’n hout-en-blommeplaa­s. Hy sal nooit gewoond kan raak aan die eelte wat op sy hande gevorm het weens sy nuwe pligte nie, en sy verhouding met Fanie is wankelrig. “Hulle het van mekaar af weggedryf,” sê Erica. “Die toenaderin­g wat sy nie meer by Jaco vind nie soek sy op ’n ander plek. Jaco steek ’n groot geheim weg en as dit uitkom, kan dit lewens vernietig,” voeg Erica kripties by.

Kallie van Wyk (Steph van der Merwe, ’n nuweling)

is Fanie en Jaco se 15-jarige seun. “Fanie en Kallie het ’n diep konneksie,” sê Erica. “Kallie is haar rots en hulle deel graag insidejoke­s, inligting en gesprekke met mekaar deur morsekode wat hulle vir mekaar tik op hul hande, arms of rûe wanneer hulle bymekaar is. Ek en Steph het werklik morsekode geleer sodat dit eg oorkom op die skerm.”

Wolf Beukes (Stian Bam, Basson Brink in die dramareeks Afgrond)

is gebore en getoë in Donkerbos en is ’n polisiebea­mpte. “Wolf is nie die beste polisieman nie. Hy is lomp en raak te vinnig emosioneel wanneer hy op moordtonel­e afkom, maar uiteindeli­k gaan hy ’n belangrike leidraad ontdek wat die hele saak kan oplos,” verklap Erica.

Speurder Tsedza Tshivenga (Sanda Shandu, Charlie Ngcobo in die minireeks Skemerdans)

is ’n buitestand­er en wanneer die ses moorde groot opslae maak, word hy ingeroep om Fanie te help.

“Tsedza se bynaam is The Leopard, maar kykers sal moet inskakel om uit te vind hoe hy dit gekry het,” sê Erica. “Hy het vir seker ’n agenda en aan die begin hou Fanie niks van hom nie.”

Kaptein Didie Baleka (Clementine Mosimane, Martha in die komedieree­ks Black Tax)

is ’n regverdige polisiehoo­f wat nie nonsens vat nie. “Die ses moorde raak haar op ’n persoonlik­e vlak,” sê Erica. Sybrand Pieterse (Wilhelm van der Walt, Christo de Lange in die aksiereeks Die Byl) is Fanie se voormalige diensmaat. “Sybrand is geskors nadat hy ’n verdagte aangerand het. Fanie en Sybrand is minnaars; by hom kry sy alles wat sy nie by Jaco kry nie,” sê Erica.

Braam Pieterse (Edwin van der Walt, Theo in die komedieree­ks Troukoors)

is Sybrand se jonger broer en werk as onderwyser by die plaaslike skool. “Hy is eerlik, vriendelik en dol oor honde.”

Ds. Abel Roodt (Carel Nel, Barend in die gruwelflie­k Gaia)

is die nuwe dominee op die dorp. “Fanie vertrou hom nie en begin hom ondersoek,” sê Erica.

Marietjie Coetzer (Nicole Holm, Hanli Oberholzer in die dramareeks Die Boekklub)

is Donkerbos se afgetrede ds. Koos Coetzer (vertolk deur die sanger Mathys Roets) se vrou, en hul seun Francois (Marko Vorster, ’n nuweling), is Kallie se beste vriend. “Marietjie is Fanie se enigste vriendin op die dorp, maar Fanie steek goed vir Marietjie weg,” sê Erica.

 ?? ?? Die voet van een van die slagoffers steek uit die grond op die toneel waar hul lyke gevind word.
Die voet van een van die slagoffers steek uit die grond op die toneel waar hul lyke gevind word.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa