TV Plus (Afrikaans)

DIE KARAKTERS

Cintaine Schutte (Katrien in die dramareeks Fynskrif), wat Getrude Louw vertolk, som die hoofkarakt­ers op:

-

MAGDA LOUW (middel 60’s) – Desiré Gardner

Magda is ’n vrou in haar herfsjare. “Sy is die anker van die Louw-gesin en gee om vir almal om haar.” Sy praat gedurige haar mond verby en het lankal opgehou om haar woorde te tel. “Dit is die beste tyd in haar lewe om hierdie werklikhei­dsprogram ’n Dag In Die Lewe Van ’n Middel-jarige Vrou te verfilm, want in die reeks kan sy uitvind wat die doel van haar lewe is, waarvoor sy staan en waarvan sy hou.” Magda is getroud met Erhard, en hulle het ’n seun Baltus en ’n dogter Getrude.

ERHARD LOUW (vroeë 70’s) – Hannes van Wyk (aanbieder van die joernaalpr­ogram Kwêla)

Erhard praat nie veel nie, luister nog minder en sluit maklik af as Magda meer as drie sinne praat. “Erhard grinnik soms, en hierdie grinnik spreek ’n duisend woorde. Magda en Erhard is soos two peas in a pod en ken mekaar so goed, hulle maak mekaar se sinne klaar. Wel, indien Erhard nou die kans kry om ook ’n woord in te kry.” Erhard voel ook die wreedheid van oudword, al is hy nie so uitgesprok­e daaroor nie. “Dit is die mooi ding van dié reeks, want die twee is absoluut eerlik oor waar hulle in hul lewe is, en die drome wat hulle wou bereik. Hy spreek die kwessie van moraliteit aan.”

BALTUS LOUW (vroeë 30’s) – Bennie Fourie (Dodgy Mike in die komedieree­ks Hotel)

Baltus is elke ma se droom en Magda se kroonprins. “Hy is intelligen­t met ’n droë sin vir humor en het ’n behoefte om sy ouers trots te maak.” Hy voel effens vasgevang in sy eentonige lewe as ingenieur en te midde van die verveling, ontmoet hy Delere (Mandri Sutherland, Brenda in Donkerbos, sien meer op ble. 10 en 11), wat vir opwinding in almal se lewe sorg. Delere is ’n hippie en die teenoorges­telde van Baltus. Sy irriteer Magda en befonkfaai eintlik die partytjie, want sy is nie juis die meisie wat Magda vir haar seun in gedagte gehad het nie.

GETRUDE LOUW (Middel 30’s) – Cintaine

“Getrude is ’n effense rabbedoe en ’n bietjie alternatie­f. Sy hou nie baie van aandag nie, maar besluit om op kamera in haar ma se program te verskyn omdat sy weet hoe belangrik die reeks vir haar ma is. Eintlik wil sy net die muurblom wees.” Getrude het ’n kinderlikh­eid in haar volwasse menings en denkwyses.

“Sy wil haar stem dik maak, maar dis nie altyd moontlik met haar ma in die omtrek nie. Sy is baie erg oor haar pa, want hy laat haar toe om net haarself te wees en luister na wat sy te sê het.” sê Cintaine.

SHAUN (middel 20’s) – Gershwin Mias (Rifaat in die fliek Ellen: The Ellen Pakkies Story)

Die kameraman wat Magda se reeks verfilm, bou ’n tipe paseun-band met Erhard, asook ’n kameraderi­e met Magda. “Hoewel hy poog om ’n afstand te hou van die Louws, slaag hy nie daarin nie, want hy word lief vir hierdie gesin en hy kruip ook terselfder­tyd in hul harte. Hy het ’n aangename en warm persoonlik­heid en probeer dikwels om ’n bietjie orde in die chaos van die Louw-huishoudin­g te skep.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa