TV Plus (Afrikaans)

Wie’s die pa?

Carmen is terug in Ruiterbosc­h en sukkel om haar swanger boepie weg te steek.

-

“Dis my familie daai,” sê die aktrise Desiré Gardner oor die hardwerken­de akteurs en produksies­pan wat by een van Suid-Afrika se gunsteling­Afrikaanse sepies, Suidooster, werk. “Elke keer wanneer ek na die stel terugkeer, voel dit asof ek huis toe kom. Dit duur minstens 20 minute vandat ek by die ateljee instap om almal te groet, geselsies aan te knoop en op te vang. Die mense wat daar werk, is almal so kreatief en hulle het die vermoë om enigiemand wat daar instap, al is dit net ’n ekstra, welkom te laat voel.”

Maar wanneer Desiré se karakter Carmen skielik weer in Desember haar verskyning in Ruiterbosc­h maak, gaan sy nie so gulhartig ontvang word nie – veral nie wanneer dit blyk Carmen is swanger nie.

En haar eksman Rhafiek (Irshaad Ally), is dalk net die pa.

OP ALMAL SE LIPPE

“Die storielyn gaan kykers warm onder die kraag hê,” sê Desiré. “Jy weet, ek het al geleer as kykers vuur spoeg oor jou karakter en haar op die sosiale media slegsê, dan weet jy jy doen iets reg, want al maak jy hulle kwaad maak jy steeds ’n indruk. Dis wanneer kykers nie aandag aan jou karakter gee of iets oor haar sê nie, dat jy in die moeilikhei­d is, want hulle gee nie om nie,” sê Desiré.

Vir dié wat vergeet het: Carmen het in Junie vanjaar ’n draai in Ruiterbosc­h gemaak en Rhafiek, wat toe in ’n verhouding met Kaashifa (Jawaahier Pietersen) was – hulle is intussen getroud – probeer oortuig om haar en hul liefde ’n tweede kans te gee. “Carmen is iemand wat weghardloo­p wanneer dinge moeilik raak, soos wat sy gedoen het toe haar en Rhafiek se babaseuntj­ie in 2021 gesterf het. Sy wil nie met gevolge, pyn, hartseer, en haar eie issues deal nie,” verduideli­k Desiré oor hoekom Carmen Rhafiek destyds gelos het.

Rhafiek wou in Junie niks weet van versoening nie. Carmen het haarself gedwing om dit te aanvaar en toe sy hom gaan groet, was daar skielik ’n vonk tussen hulle en kon hulle hul hande nie van mekaar af hou nie. “Vir Carmen het dit gevoel

Rhafiek het haar tog nog lief, maar vir Rhafiek was dit soos ’n Damaskusoo­mblik, want hy het besef hy is nie meer lief vir Carmen nie, hy is lief vir Kaashifa.” Kaashi vind eers baie later uit van hul aandjie saam.

WAARDE IN WOORDE

As vryskutakt­rise en skrywer is Desiré bedrywig met die onderskrif­te vir flieks en reekse, en wanneer sy nie voor die kamera is nie, werk sy aan draaiboeke, soos seisoen 3 van die komedieree­ks Lui Maar Op, Belinda (wat in 2023 op kykNET uitgesaai word), en vanaf 2 Januarie kan kykers haar in haar komedieree­ks Magda Louw (meer op ble. 14-15) sien.

“Jy weet, ek glo goed wat mense sê word baie keer waar. Daar is waarde in woorde,” sê Desiré. “Deur die jare heen het my ma my eenvroustu­k Magda Louw altyd geprys en gesê Magda Louw gaan eendag nog groot dinge vir my beteken. En kyk vandag, dit was ’n eenvroustu­k, ’n TV-film (in 2020, tans op Showmax) en nou ’n komedieree­ks.” En wat is die kans dat sy haar verpleegst­eruniform van Daleen in Binnelande­rs (lees ble. 43, 47, 49) uit die kas sal haal en weer daar inval? “Ek sê altyd never say never. Dit sal pret wees om weer daar ’n draai te maak en as Daleen moeilikhei­d te maak,” sê Desiré laggend.

 ?? ?? Die laaste ding wat Carmen (hooffoto regs) wil doen, is om Kaashifa (inlas) seer te maak net nadat Kaashifa gehoor het haar kanker is in remissie.
Die laaste ding wat Carmen (hooffoto regs) wil doen, is om Kaashifa (inlas) seer te maak net nadat Kaashifa gehoor het haar kanker is in remissie.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa