TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Ridge vra Taylor om te trou in die Forrester-vertoonkam­er en die twee stem in tot ’n kitstroue. Douglas kry lêers op sy selfoon wat bewys Thomas het sy stem verander om soos Brooke te klink deur Douglas se selfoon- app te gebruik, en het daarna die kinderbesk­ermingsdie­ns gebel, wat dit laat lyk asof Brooke Thomas gesaboteer het, en Thomas haal Douglas oor tot geheimhoud­ing, maar dit was ’n groot leuen vir ’n klein seuntjie. En Brooke se pa, Stephen Logan, kom in LA aan met ’n vreemde vrou aan sy sy.

DAYS

Eric belowe Jada hy sal haar keuse ondersteun nadat sy uitvind sy is swanger, en Nicole is ontsteld wanneer Jada en Eric die swangerska­p tydens ’n familie-ete aankondig. Chanel beken teenoor Allie sy het per ongeluk haar eksminnaar se vrou vermoor, en Sloan onthul sy is die dogter van Chanel se slagoffer. Wendy ondervra Rolf in Djakarta, maar Rolf spuit Wendy en Johnny in met dwelms op bevel van Li, Steve en Kayla red Tripp, en Justin en Alex kry Bonnie. EJ stem in om Ava ’n losprys vir sy ma, Susan, te betaal, maar Ava vlug met haar gyselaar.

Y&R

Chance belowe Abby hy gaan in klein Dominic se lewe bly al verbrokkel hul huwelik, Amanda stuur aan Lily ’n bedankings­brief, en Daniel keer terug na Genoa City om Phyllis te besoek. Nikki, Ashley en Phyllis dreig om Jeremy Stark te vertel waar Diane is, en Diana erken teenoor Jack Jeremy het haar onder druk geplaas vir inligting oor Jabot. Chelsea trek by die woonstel bokant Crimson Lights in, en Audra, wat pas ’n miskraam gehad het, sien hoe Noah vir Allie soen.

 ?? ?? Taylor het geen idee hoe baie mense dink haar troue is ’n slegte idee nie.
Taylor het geen idee hoe baie mense dink haar troue is ’n slegte idee nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa