TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

-

Weekdae kykNET (*144) 19:30/M-Net-dek. 16:40 Sepie

Die Binneland-kliniek se plastiese chirurg, dr. Steve Abrahams (Clint Brink), het ’n moeilike 2021 ervaar toe hy die liefde van sy lewe, dr. Elana Bester (Ilne Nienaber), in ’n fratsongel­uk verloor het nadat ’n motor haar teen ’n pilaar op Binneland se parkeerter­rein vasgepen het. Steve het nog nie weer liefde gevind nie, maar in sy onlangse romanse met die spioen Ewa Marinov alias Andrea Hayden (Bianca Amato) het ’n vonk vlamgevat en vir die res van Desember is daar nog talle tonele tussen die twee. “Ek het die storielyn baie geniet,” sê Clint.

Dit was een van Steve se hoogtepunt­e vanjaar. “Dit was pret om my lyf 007 (soos die spioen James Bond) te hou terwyl Steve en Ewa saam ondersoek instel na die geld om ’n hospitaal in Nigerië te bou (in November), wat verdwyn het en waarvoor At (Hans Strydom) die scapegoat geword het,” vertel Clint. “Daar gaan nog ander onthulling­s wees, en

Steve gaan sukkel om Ewa se ware identiteit vir homself te hou. Skakel in om te sien hoe die storie ontvou.” ’n Storielyn wat vir Clint as ’n laagtepunt begin het maar later ’n hoogtepunt was, was in Januarie toe

Steve se vervreemde ma Marissa (Ilse Klink) en jonger broer Jared (Gershwin Mias) opgedaag het, sê Steve. “Marissa het Steve as jong kind aban

don by sy abusive pa en met klein Jared die pad gevat, wat groot trauma vir Steve veroorsaak het,” onthou Clint. “Dit was wonderlik om meer van Steve se backstory te leer, en toe hy uiteindeli­k met sy ma en broer versoen raak, het sy wonde geheel.”

Lees meer op ble. 47 en 49.

 ?? ?? Dr. Steve Abrahams het opwindende storielyne in 2022 gehad.
Dr. Steve Abrahams het opwindende storielyne in 2022 gehad.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa