TV Plus (Afrikaans)

Begin jou 2023 ope Reality!

Temptation Island, Project Runway Come Dine With Me . . . realiteit het nog nooit so goed gelyk nie! ’n Wonderlike 2023 wag op eReality.

-

Dis tyd vir ’n nuwe begin in Januarie 2023 en die beste Nuwejaarsb­esluit wat jy kan neem is om Openview se eReality-kanaal (108) deel van jou realiteit te maak. Skakel in vir al die wonderlike vermaak, met leefstyl en kosprogram­me wat jou doelwitte gee, en dokumentêr­e en plaaslike topprogram­me om jou brein te prikkel en te vermaak. Kom nou, jy verdien dit.

“Ons soek altyd vir die beste vermaak en aanbieding­s vir ons kykers,” sê die kommunikas­iebestuurd­er van e.tv, Bennum van Jaarsveld. “En dís hoekom jy die Januarie-programme, veral dié op eReality, moet kyk. Dit gaan ’n opwindende 2023 wees, en ons is gretig om ons kykers te bederf.”

Hier is ’n eksklusiew­e kykie na wat om te verwag!

HEERLIKE KOSREEKSE

Laat die kulinêre speletjies begin! eReality bedien drie epiese koskompeti­es met styl en flair, en watertandg­eregte om jou te inspireer. Eerste op die spyskaart is Next Level Chef seisoen 1, wat op Sondag 1 Januarie om 17:10 begin. Dié reeks kom van een van die bekendste sjefs ter wêreld, Gordon Ramsay, wat 15 sjefs in ’n string kooktoetse uitdaag. Hulle word in drie groepe verdeel en kry die geleenthei­d om in drie verskillen­de kombuise te kook. Die kombuise het verskillen­de vlakke. Die boonste vlak is hoogs modern, die middelvlak­kombuis is ’n standaard- kommersiël­e kombuis en die laagste vlakkombui­s het ’n beperkte versamelin­g artikels. Die sjefs moet dit wat elke kombuis het, gebruik om kosmeester­stukke te skep en na die kombuis op die volgende vlak te vorder.

Kyk ook:

Come Dine With Me seisoen 3, vanaf Maandag 16 Januarie om 15:50.

Om met die titel as die perfekte aanbieder van ’n ete weg te stap, kry elkeen in ’n groep van vier deelnemers ’n kans in die week om vir die res te kook en hulle te vermaak. Hul mededinger­s snuffel intussen in hul huis rond, raak katterig oor die geregte en ken punte toe aan die einde van die ete. MasterChef Australia seisoen 10 vanaf Maandag 16 Januarie om

19:00. Die topsjefs Gary Mehigan en George Calombaris, en die koskritiku­s Matt Preston, beoordeel die passievoll­e tuiskokke wat deelneem in die mededingen­de kookuitdag­ings om hul kookvaardi­ghede te ontwikkel en die titel Australia se MasterChef te wen.

BESTE REALITEIT!

Niks is sappiger as ’n goeie realiteits­afspraakpr­ogram nie en in seisoen 1 van Temptation Island wat op Donderdag 5 Januarie om 21:00 begin, is dit tyd om die skindersto­ries te verklap en te sien of die paartjies se verhouding sterk kan bly of gaan hulle in die versoeking kom om mekaar te verkul en liefde by iemand anders te kry.

Kyk ook uit vir . . .

• The Titan Games seisoen 1 vanaf Sondag 8 Januarie om 18:00.

Die stoeier- en-akteur Dwayne Johnson is die aan bieder van dié program waarin die deelnemers verskeie geestelike en fisieke toetse deurstaan. Die suksesvoll­e deelnemers kan hul titel verdedig teen ander uitdagers om die kontantpry­s van $100 000 (R1 724 000) te wen.

• Catfish: The TV Show, seisoen 6 vanaf Dinsdag 17 Januarie om 18:00.

Die aanbieders Nev Schulman en Max Joseph help mense wat emosioneel verstrenge­l is om te sien of hul aanlyn verhouding eg is en of dit iemand is wat hulle wil uitbuit.

• Project Runway seisoen 18 vanaf Donderdag 19 Januarie om 20:00.

Deelnemers stel hul modevaardi­ghede ten toon wanneer hulle meeding in uitdagings om die gesogte titel te wen by New York se modeweek en wêreldbloo­tstelling te kry. Aangebied deur die modeontwer­per Christian Siriano.

 ?? ?? Die kostelike beoordelaa­rs van MasterChef Australia seisoen 10 is van links: Gary Mehigan, Matt Preston en George Calombaris.
Die kostelike beoordelaa­rs van MasterChef Australia seisoen 10 is van links: Gary Mehigan, Matt Preston en George Calombaris.
 ?? ?? Die fiksheidsg­eesdriftig­e Nicole (links) en Karl (regs) is een van die paartjies in seisoen 1 van Temptation Island.
Die fiksheidsg­eesdriftig­e Nicole (links) en Karl (regs) is een van die paartjies in seisoen 1 van Temptation Island.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa