TV Plus (Afrikaans)

KOSBAARHED­E

-

Hannes is dol oor glas, van kroonkande­lare (waarvan die meeste deur sy beste vriend die kunstenaar Riaan Chambers, van Riaan Chambers Chandelier­s in Muizenberg gemaak is), tot spieëls en memento’s. “Ons het ’n paar jaar gelede op ’n passasiers­kip verfilm en vir ses weke ’n trippie van Venisië af gedoen, dus het ek baie glas daar gekoop. My huis is vol storietjie­s, dinge wat ek onthou of plekke wat ek besoek het.” Soos die

Art Deco-beeld van ’n dansende paartjie in die ingangspor­taal wat in Frankryk sy aandag getrek het. “Ek dink dis omdat dit so teatraal is,” verduideli­k die akteur.

Hannes se huis is vol liefdesbly­ke deur vriende, soos die vergulde porselein-koffiepot wat hy ná Christine Basson (wat Nora in Egoli gespeel het), se dood in 2019 geërf het – wat reg langs ’n koffiepot van sy ma staan – en sy liefde en bewonderin­g vir albei vroue toon.

Horlosies weergalm reg deur die huis tydens ons besoek. “Ek is ’n bietjie horlosie-bedinges,” erken Hannes. “Hier is selfs horlosies van my oorgrootou­ers.” En terwyl die horlosies die minute aftik, speel ’n instrument­ale opname van die ou liedjie Once I Had A Secret Love saggies iewers in die huis en eggo die vergange glorie van Hannes se versamelin­g plakkate en foto’s van toeka se Hollywood-sterre, soos

Paul Newman, Liz Taylor en Audrey Hepburn. Hannes se eie loopbaan word gevier met plakkate, teaterprog­ramme en foto’s in sy dakkamer, en ook sy karakter Krynauw in die sepie Egoli, Plek Van Goud se spoggerige leerkantoo­rstoel uit sy 10 jaar by die sepie. Dit huldig ’n droom wat bewaarheid is.

“Ek het eers in my eerste jaar op universite­it na die teater gegaan, want ek het op die dorpie, AliwalNoor­d, in die Oos-Kaap grootgewor­d. Maar ek wou al as ’n seuntjie graag ’n akteur word. En my ouers, veral my ma, het gesê: ‘Jy kan doen wat jy ook al wil my kind, ons sal ’n plan maak.”

 ?? ?? Hannes het tydens een van sy reise in sy tas plek gemaak vir hierdie beeldjie.
Hannes het tydens een van sy reise in sy tas plek gemaak vir hierdie beeldjie.
 ?? ?? Hannes se medester en mentor in Egoli wyle Christine Basson het ’n waardevoll­e koffiepot vir hom nagelaat.
Hannes se medester en mentor in Egoli wyle Christine Basson het ’n waardevoll­e koffiepot vir hom nagelaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa