TV Plus (Afrikaans)

Tien boere se soektog na pasmaats

Nuwe liefdesver­hale, dramas en intriges ontvou.

-

Boer Soek ’n Vrou

Seisoen 15 kykNET (*144) Donderdae 20:00 (begin 19 Januarie)

Ons was reeds tydens 14 seisoene van Boer Soek ’n Vrou deel van die lief en leed van tientalle boere wat na liefde op soek was, en talle mooi suksesverh­ale het ons almal se geloof in ware liefde herbevesti­g. Die nuwe seisoen gaan net soos die voriges vol hope verrassing­s en opwinding wees en neem ons op ’n nuwe reis van selfontdek­king, hoop en selfs toekomsdro­me wat verwesenli­k word.

BEPROEFDE RESEP

Elmarie Botha, wat sedert die eerste seisoen vervaardig­er van hierdie maatsoekre­eks is, sê die egtheid van Boer Soek ’n Vrou maak dit een van die gewildste en langdurend­ste realiteits­reekse in Suid-Afrika. “Die reeks is nie scripted reality nie en ons plaas nie woorde in die deelnemers se mond of hits hulle teen mekaar aan om drama te ontketen nie. Ek dink die kykers voel die opregtheid van die boere en deelnemers se ware gevoelens aan.”

Die nuutste seisoen volg weer die beproefde formaat. “Dit is ’n internasio­nale formaat, so ons kan nie juis daaraan torring nie.

Ons moes wel weens die Covid-19pandemie by die regulasies hou en ’n paar aanpassing­s tydens die afgelope twee seisoene maak.

Daar was byvoorbeel­d nie speed

dating nie en die groot groep vroue se ontmoeting met die boere nie. Maar ons het met hierdie seisoen na die oorspronkl­ike konsep teruggekee­r. Dit is egter belangrik dat elke seisoen sy eie identiteit het, wat gelukkig deur die boere en deelnemers se uiteenlope­nde persoonlik­hede bepaal word.”

Boer Soek ’n Vrou het verskeie mooi liefdesver­hale. “Daar is sowat 23 suksesverh­ale van boere wat liefde gevind het. En jaarliks kom nog een of twee by – en dan kry hulle natuurlik ook kinders. Ons is trots op die ware liefde waartoe die reeks lei.”

Wat die keuringspr­oses betref, word die deelnemend­e boere deur en deur op hul uiteenlope­nde persoonlik­hede gekies, verduideli­k Elmarie. “kykNET doen talle oudisies om die finale keuses te maak. Die uiteindeli­ke provinsies en dorpe waar die boere woon, word nie vooraf bepaal nie en is selfs vir ons ’n verrassing.”

LOCAL IS LEKKER

Marciel Hopkins, wat vanjaar die derde keer die reeks aanbied en die boere tydens hul reis op soek na die liefde ondersteun en vergesel, sê die nuwe seisoen se boere is meesal ekstrovert­e en uitgesprok­e. “Dit sorg vir lekker persoonlik­heidsdinam­ika, opwinding en drama wat al so ’n kenmerkend­e bestanddee­l van Boer Soek ’n Vrou is.”

Marciel sê daar is meer as een rede waarom die reeks steeds relevant en gewild bly. “Boer Soek ’n Vrou gee ons ’n kykie in die boere se lewe en ons nalantensk­ap. Die reeks is verteenwoo­rdigend van Afrikaans en wie ons is en van ons kultuur, iets waarop ons trots is en wil laat voortbesta­an. Nóg ’n rede waarom

die reeks al so ’n lang raklewe het, is omdat dit wérk. Al het die reeks elke jaar dieselfde resep, het dit die toets deur verskillen­de geslagte deurstaan en mense is steeds opgewonde daaroor.”

Die vryheid van keuse speel ook ’n belangrike rol, sê sy. “Die meisies wat vir die boere skryf, skryf omdat hulle in daardie spesifieke boer belangstel en ons keur hulle nie voor die tyd nie. Daar is ’n totale vryheid van keuse, en dieselfde geld wanneer die boere uiteindeli­k hul pasmaats kies.”

Dis nie net jongelinge wat verlief kan raak nie, voeg sy by. “Die vyftiende seisoen het heelwat verrassing­s en het mooi stories van hoop en liefde. Die reeks wys weer daar’s altyd ’n tweede of selfs derde kans om liefde te vind en dat die liefde geen ouderdomsp­erk het nie.”

DIE PAD VAN DIE LIEFDE

Marciel sê sy glo nie daar’s noodwendig iets soos liefde met die eerste oogopslag nie. “Ek glo wel daar is iets soos ’n soul connection wat mense na mekaar aantrek en ’n chemistry tussen twee mense.” Hoewel sy so ’n bietjie Kupido vir die boere en die deelnemers speel, sal sy nooit eksplisiet vir die boere keuses maak nie. “Ek is bloot die bemiddelaa­r en hulle moet self die beste persoon kies wat by hulle pas. Ek raai hulle wel aan om heeltyd oopkop te bly. Dalk het hulle aanvanklik ’n voorgestel­de idee van wie die regte keuse gaan wees, maar wanneer die meisies eers op die plaas kom kuier, kan hulle heeltemal van siening verander. Elkeen moet self deur al die emosies en die wipwarit gaan. In die proses leer hulle ook baie van hulself en wat hulle presies in die lewe en ’n lewensmaat wil hê,” sê Marciel wat elke tree saam met die deelnemers stap en in elkeen se lief en leed deel.

Maar uiteindeli­k, glo sy, sal die liefde seëvier.

 ?? ?? Marciel Hopkins (foto) begelei boere weer op hul reis op soek na liefde en die regte pasmaat.
Marciel Hopkins (foto) begelei boere weer op hul reis op soek na liefde en die regte pasmaat.
 ?? ?? Marciel (regs) en die liefde van haar lewe Handré Lourens (links) is verlede jaar tydens ’n sprokiestr­oue op ’n wynlandgoe­d buite Franschhoe­k getroud.
Marciel (regs) en die liefde van haar lewe Handré Lourens (links) is verlede jaar tydens ’n sprokiestr­oue op ’n wynlandgoe­d buite Franschhoe­k getroud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa