TV Plus (Afrikaans)

. . . en ’n Hillside-nuwejaar!

Kersfees het gekom en gegaan, en noudat ons in 2023 is, moet ’n paar Nuwejaarsv­oornemens gemaak word . . .

-

Almal weet dis een ding om ’n Nuwejaarsv­oorneme te maak, maar dit verg harde werk om daarby te hou! As daar ’n groep karakters is wat in die Nuwejaar by hul besluite gaan hou, is dit ons gunsteling-inwoners van Hillside. Hier is wat sommige van die 7de Laan-akteurs dink hul karakters moet in 2023 probeer verander . . .

SHADY (Beàta Bena)

“Shady se besluit moet wees om onafhankli­kheid na te streef. Sy probeer al baie lank om in te pas of om in ’n verhouding te wees. Dit was verstaanba­ar toe sy pas in Hillside aangekom het, maar noudat sy (in die gemeenskap gevestig is), kan Shady op haar eie bene staan,” sê Beàta.

WERNER

(Zak Hendrikz)

“Werner wil nooit ’n teleurstel­ling vir sy gesin wees nie. Hy doen alles met die beste voornemens om sy gesin veilig en trots te hou. Sy besluit moet wees om voort te gaan om steeds ’n beter man vir sy vrou, en ’n beter pa vir sy seun te wees,en om sy gesin gelukkig te hou,” sê

Zak.

ZEE (Ray Neo Buso)

“Ek dink beslis sy Nuwejaarsb­esluit moet wees om sy droomloopb­aan te vind. Hy herhaal telkens hy kan nie vir altyd ’n kinderoppa­sser vir die Chauke-egpaar wees nie, maar hy weet nie watter loopbaan om te kies nie. Hy het al so baie harde werk gedoen en hy het in almal uitgeblink, maar hy het die regte werk nodig. Zee is net langer as ’n jaar in Hillside, en hoewel hy ook na liefde soek, sal dit op die regte tyd kom. Maar vir die perfekte werk

. . . Zee sal moet uitreik en die geleenthei­d aangryp wanneer dit hom voordoen – dán kan hy ophou om hom te bekommer,” sê Ray.

MARIAAN (Deirdre Wolhuter)

“Mariaan voer altyd iets in die mou. Dit gaan nie ophou of binnekort verander nie, haar besluit moet beslis wees om haar spore beter dood te vee. Ek sou graag wou sê sy moes ’n nuwe blaadjie omslaan en probeer beter wees – ’n meer wetsgehoor­same mens, maar dit gaan Mariaan se wese verander. En in alle eerlikheid sal Hillside nie dieselfde wees indien daar nie iemand is wat sake omkrap en almal op hul tone hou nie,” sê Deirdre.

VERLEDE KEER

Uys het Tjattas van sy pa, Werner, se drama vertel, Shady het ’n oproep van die Hillsidekl­iniek gekry, en die Petersons moes die tweeling se skoolsitua­sie heroorweeg.

IN DIÉ UITGAWE

Chris sê vir sy skoonseun, Fikani, hy moet ophou om hom oor Chris te bekommer, en Denzil mag uiteindeli­k by The Heights intrek. Aggie dink haar vriendin Ivy het te veel hooi op haar vurk, en Shady is verras wanneer Bonita en DeWet aan haar deur klop. Uys sê vir Tjattas hulle gaan kamermaats wees, en Fikani besef Chris steek iets ernstigs vir hom weg. Vanessa sê vir Denzil om ’n boodskap aan haar “oorlede” man te gee indien hulle weer kontak maak, en die kinders is opgewonde om terug skool toe te gaan. DeWet se aanbod om Mariaan te help, het voorwaarde­s, en Bonita is gespanne wanneer sy uitvind Shady het nie die vorige aand huis toe gekom nie.

Uys jok steeds vir sy ouers, en Chris probeer Vanessa help met ’n belangrike besluit. Tanya en Werner is geskok deur nuus van hul seun, Uys, die Welmans het ’n familie-fotosessie wat hulle nie gou sal vergeet nie, en Vanessa stem in om Karmen ’n dag saam met ’n vriend te laat deurbring. Zee probeer ’n emosionele Shady troos, Augusta soek antwoorde oor haar kleinseun, Uys, en Vanessa is dankbaar haar kêrel, Denzil, het haar nie die rug toegekeer ná hul onlangse probleme nie.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa