TV Plus (Afrikaans)

Soek haar pond vleis

Antoinette Kellerman is nou in Binnelande­rs!

-

Die Binneland-personeel rou nog oor die stigter At Koster (Hans Strydom) se dood, min wetende hy leef – hy word tans vir sy eie veiligheid deur die spioen Ewa Marinov/Andrea

Hayden (Bianca Amato) bewaak. At wil met alle mag na sy familie in Pretoria teruggaan, maar as die bose Genevieve Lee (Delia Pereira), die HUB van die Chiron-hospitaal, daarvan moet uitvind, gaan sy At weer probeer vermoor (lees meer onder indien jy die storielyn misgeloop het).

Intussen moet At se boedel afgehandel word, en daar is groot drama wanneer At se eerste vrou, Soekie Kellerman (Antoinette Kellerman, Pat in die reeks Die Vlieënde Springbokk­ie) opdaag en At se testament betwis!

VOL SELFVERTOU­E

Die Kosters – en veral Conrad (Hykie Berg), At se seun – is stomgeslaa­n om Soekie te sien. Onthou: Soekie is Conrad se biologiese ma, maar hy ken haar nie, want hy het grootgewor­d met Helena (Ronel Kriel) – sy oorlede stiefsus Elana (Ilne Nienaber) se ma – as sy ma.

“Soekie is vol selfvertou­e wanneer sy daar aankom,” sê Antoinette. “Sy dink sy het die Kosters net waar sy hulle wil hê en gaan nie Pretoria verlaat tot sy haar pond vleis gekry het nie.” Soekie kan boonop bewys sy is At se eksvrou om enige twyfel in die kiem te smoor.

Dis nie lank voor dr. Annelize (Cindy Swanepoel) – ook een van At se eksvroue – hoor van Soekie nie, en sy stel voor Louis (Germandt Geldenhuys) – At se broer – kry regsadvies om Soekie te stuit.

En dan raak sake ingewikkel­der: Soekie sê al was sy beslis met At getroud, is sy nie Conrad se ma nie. Hoe nou? Antoinette verduideli­k: “Soekie se oorlede suster, Bets (nie op skerm nie), wou nie kinders gehad het nie en het Conrad jare gelede in Soekie se sorg gelaat.” Beteken dit At is steeds Conrad se pa, maar het ook by Soekie se suster geslaap?

CONRAD TWYFEL

Soekie besef Conrad twyfel steeds oor haar en gee hom ’n koevert met aandenking­s. “Binne is foto’s van Conrad as jong kind saam met Soekie, ’n kleutersko­ol-sertifikaa­t, asook prente wat hy geteken het,” sê Antoinette. Dit raak Conrad diep, maar hy is steeds verward.

Annelize en Soekie ontmoet mekaar en dis duidelik die vroue het nie ooghare vir mekaar nie. “Annelize dink Soekie is kômmin en kan nie glo die gesofistik­eerde At het iets in haar gesien nie, maar Soekie steur haar nie aan Annelize nie. Dit kan egter ’n groot fout wees, want Annelize kan Soekie miskien ontmasker.”

Later los Soekie nóg ’n bom op Conrad wanneer sy sê: “At het al die jare geweet ek leef nog, al het hy almal vertel ek is dood!”

AT LOER VIR JULLE

Conrad het nou geen idee wie sy ouers is en wat hy moet glo nie. Die prokureur Joline (Rika Nieuwoudt), moedig Conrad aan om Soekie se storie te ondersoek. Conrad vra At se voormalige handlanger Jacques (Charlie Bouguenon) om seker te maak Soekie se stories klop.

Conrad nooi Soekie om by hom te bly, sodat hy ’n ogie op haar kan hou, maar hy weet nie daar is reeds iemand wat haar dophou nie – die einste At, wat kameras in sy huis versteek het en sedert sy “dood” alles sien. At gewaar Soekie in die huis, maar kan nie uitmaak wie dit is nie . . .

In Februarie kom nog sappige drama rondom Soekie, sê Antoinette. “Sy gaan ’n paar mense verkeerd omkrap. Sy is ’n skobbejak!”

 ?? ?? Soekie (regs) probeer Conrad (links, inlas) mislei oor wie sy werklik is.
Soekie (regs) probeer Conrad (links, inlas) mislei oor wie sy werklik is.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa