TV Plus (Afrikaans)

’n Slang in die gras

Die waarheid oor Xander kom op die lappe en Nicolene neem wraak!

-

Dit voel steeds onwerklik om te dink Anton (Dean Richard Olivier) is verlede jaar in September so wreed in ’n motorongel­uk oorlede – en dit op sy troudag! Sy pa,

Hein (Merlin Balie), en sy verloofde Nicolene (Gretchen Ramsden) kry steeds swaar, maar sedert die nuwe karakter Xander (Ayden Croy, Steven in die aksiereeks

Die Byl) begin Januarie sy verskyning gemaak het, glimlag albei, tot die waarheid oor Xander aan die lig kom en Nicolene iets skokkends doen . . .

ALLES ’N LEUEN

Xander het in die Vlei opgedaag en vir Nicole gesê hy is die ontvanger wat Anton se hart gekry het omdat Anton ’n orgaansken­ker was. “Nicolene was aanvanklik geskok deur die nuus, maar het kort voor lank ’n hegte band met Xander gevorm en selfs dolverlief op die man geraak,” vertel Gretchen. Hein wou eers niks met Xander te doen hê nie want die pyn oor Anton se dood het steeds te vlak gelê, maar met Nicolene se hulp het hy van Xander begin hou. Maar daar ’n slang in die gras

. . . en die speurder Clint

(Clayton Evertson) is die een wat die waarheid ontdek: Xander is ’n leuenaar en swendelaar wat jok oor sy hartoorpla­nting. Die rede vir sy gedrag is nog ’n geheim, maar Clint gaan nie toelaat dat Xander twee mense wat nog in diep rou is, so om die bos lei nie.

TYD OM TE BOET

Maar Xander is slim en kom gou agter Clint is op sy spoor. Hy het planne om Clint dood te maak, maar hy stel dit uit om een laaste aand saam met Nicolene – vir wie hy regtig lief geraak het – deur te bring. Wat Xander egter nie weet nie, is Nicolene weet al ’n ruk lank van sy liegstorie­s. “Clint het haar vroeër daarvan vertel, en die woede wat binne haar broei, is gevaarlik,” sê Gretchen. “Clint wil hê sy moet hulle help om Xander in ’n lokval te lei, maar Nicolene het haar eie planne.”

Ons is die dood voor oë gesweer as ons enigiets verklap oor wat gaan gebeur, maar die dag ná die lokval moes plaasvind, toon Nicolene geen berou dat sy iemand doodgeskie­t het nie.

In Februarie maak Nicolene asof niks verkeerd is nie en wanneer haar vriende en Hein vir haar vra waar Xander is, sê sy net hulle het uitgemaak en hy het die Vlei verlaat. Nou is die vraag: Indien Xander vir sy leuens geboet het, gaan Nicolene ook later uitgevang en gestraf word?

VERLEDE KEER

Petra het die geld op ’n veilige plek weggesteek, Beatrice het Hein oorreed om Xander te ontmoet, en Emile het uitgevind Langes en Ayesha gaan met mekaar uit.

IN DIÉ UITGAWE

Xander stel sy plan af om Clint dood te maak met die hoop om ’n laaste aand saam met Nicolene deur te bring, Emile hoor Langes snuffel rond, en Beatrice probeer meer tyd by Aunty Gertie bestee. Nicolene toon geen berou nadat sy iemand doodgeskie­t het nie, Thys en Beatrice is bekommerd oor Aunty Gertie en vra Dominee om in te gryp, en Yvette kry ’n groot bos blomme van ’n bewonderaa­r. Die nuwe lid van die Cupidofami­lie word vir aandete genooi, Clint konfrontee­r Bompie, en Ayesha wonder oor Langes en Emile se verbinteni­s.

Cherry maak vriende by die skool, maar haar dag eindig sleg, Cherry en Ivy sit vas ná Cherry haar ma en pa hoor baklei het, en Langes is ontsteld wanneer Emile weer sonder hom kos en klere aan haweloses uitdeel. Anthony wil hê die Cupido’s moet sy vrou ontmoet, die Cupido’s kuier saam met hul nuwe familie, en Emile trek by

Tally se woonstel in. Thys en Aunty Gertie oorreed Beatrice om Anthony se aansoek te oorweeg, en Lionel vind iets uit wat die toekoms van die sokkerspan kan verwoes. Thys en Aunty Gertie wil Anthony aanstel, maar Beatrice is onseker, en Hein vra raad oor sy verhouding met Yvette.

 ?? ??
 ?? ?? Nicolene (hooffoto) se gevoelens verander drasties wanneer sy agterkom Xander (inlas) het die heeltyd vir haar gelieg.
Nicolene (hooffoto) se gevoelens verander drasties wanneer sy agterkom Xander (inlas) het die heeltyd vir haar gelieg.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa