TV Plus (Afrikaans)

Buite die kollig

Reynardt Hugo gesel smet agt glans persoonlik­hede in sy eerste dokkiereek­s.

-

Weeksdae sien ons hom in sy rol as dr. Tertius in die Afrikaanse sepie Binnelande­rs (lees meer op ble. 18, 19 en 37), maar vir dié dokkiereek­s het die akteur Reynardt Hugo sy stetoskoop vir ’n kamera verruil.

Net Mens begin op Sondag 22 Januarie op kykNET, en in dié reeks gesels Reynardt met agt glans persoonlik­hede enge e hulle die kans om self hul lewensverh­aal te vertel.

Daar is stories oor hul grootwordj­are, die kruin van hul loopbaan, feite wat jy dalk weet, maar daar is ook nuwe stories wat Reynardt se gaste nog nooit vertel het nie. “Ons almal is maar net mens,” sê Reynardt oor bekendheid.

Soos die agt mense met wie hy praat, leef hy ook in die kollig. Dit lyk dalk asof hulle lewe weelderig en vol pret is, maar soos ons almal is hy – en sy gaste – net mens.

DIE IDEE

“Dit was ’n groot proses wat al ’n lang pad kom,” sê Reynardt.

“Die idee het begin toe’ nm u siekvervaa­rdiger-vriend vir my nog voor Covid vertel het (die sanger) Theuns Jordaan is siek. Ek was stomgeslaa­n, geskok. . . Dit het my laat nadink oor hoe feilbaar en kwesbaar die lewe kan wees. Een minuut is jy die koning van Afrikaanse musiek, soos Theuns, en die volgende vreet kanker jou lyf op en jy sterf.

“Daar in my aantrekkam­er by Binnelande­rs het ek toe begin skryf en konseptual­iseer aan die dokkiereek­s. Eers het ek gedink ek gaan net musiekprof­iele doen met musikante wat ek ken, maar toe brei die projek ook verder uit na akteurs.”

Dit het twee jaar geduur vir Reynardt om die reeks op dreef te kry, maar toe kykNET dit aanvaar, het die bal begin rol. “Ek het my eie vervaardig­ing s maatskappy, Straat kat Media, gestig en moes vinnig leer hoe om op die stoele van ’n vervaardig­er, regisseur en aanbieder te sit,” sê Reynhardt.

Hy sou nie alles vermag het nie as dit nie vir Wim Steyn van Idea Candy Produksies – wat dokkiereek­se

soos Devilsdorp en Steinheist vir Showmax vervaardig het – wat as konsultant opgetree en Reynardt gehelp het met die maak van Net Mens nie. “Sy inspraak is priceless, en sy ondersteun­ing, nou nog, is wat my deur alles gedra het,” sê Reynardt. nie as familieman tot een van SuidAfrika se mees bekroonde sangers met ’n loopbaan van langer as twee dekades in die kollig.

Reynhardt ken die akteurs wat sy gaste is natuurlik meer persoonlik omdat hy saam met hulle werk of al gewerk het. “Hulle is goeie vriende van my en dit was heerlik om meer oor hulle te wete te kom. Cindy vertel van haar liefde vir joga, Hykie neem ons na die psigiatrie­se hospitaal Weskoppies waar hy vir ’n tyd behandel is, en Kim vertel meer oor haar mikrokombu­is-inisiatief.”

“Die dokkiereek­s is anders in die sin dat dit nie net ’n gewone onderhoud is soos wat ons op Bravo of Kwêla sien nie. Ons gaan uit na die gaste se ouerhuise, plekke na aan hul hart, selfs ’n show of twee waar hulle optree en in die geval van Refentse het ons ’n draai by die skietbaan gaan maak, en saam met Early B het ons met motors gaan resies jaag.

Ons gesels ook met hul vriende en geliefdes en leer hulle só beter ken,” vertel Reynardt.

“Ek hoop kykers sal al die emosies ervaar wanneer hulle na die reeks kyk – van huil en lag tot woede wanneer die gaste hul hart uitstort. Hopelik besef kykers bekendes is nes hulle met dieselfde vrese, kwellings en probleme.”

 ?? ?? Reynardt Hugo (links) saam met die sanger Elandré (middel) en die kameraman Christian Botha (regs) tydens die opname van Elandré se episode in Net Mens.
Reynardt Hugo (links) saam met die sanger Elandré (middel) en die kameraman Christian Botha (regs) tydens die opname van Elandré se episode in Net Mens.
 ?? ?? Die aktrise Cindy Swanepoel vertel haar storie in die spesiale dokkiereek­s.
Die aktrise Cindy Swanepoel vertel haar storie in die spesiale dokkiereek­s.
 ?? ??
 ?? ?? Reynardt (links) raak lekker mededingen­d op die renbaan saam met die kletsrymer Early B (regs).
Reynardt (links) raak lekker mededingen­d op die renbaan saam met die kletsrymer Early B (regs).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa