TV Plus (Afrikaans)

Reg vir die grootmens-wêreld

Die liefde blom tussen Linda en Bennie.

-

Dit was vir die gestremde Bennie (Richard September) moeilik om liefde te vind. Maar toe sy pad in Augustus 2021 met Linda (Melissa Wellering) –

Susan (Natasha van der Merwe) se sussie – gekruis het, het Linda sy hart laat bons. Linda is outisties en het in Johannesbu­rg gebly. Maar sy verras Bennie wanneer sy vol selfvertro­ue opdaag en sê sy is daar om te bly!

ONAFHANKLI­K

“Linda is reg vir die grootmensw­êreld,” sê Melissa. “Sy wil onafhank wees en is glad nie gelukkig om vir eers saam met Susan in die kommune te bly nie. En sy skroom nie om dit vir Susan te sê nie.” Linda beplan om ’n werk en ’n plekkie van haar eie te kry, en Bennie spring dadelik weg en probeer vir Linda ’n pos by Jacobs Property Developmen­t (JPD) kry. Maar sy moed sak in sy skoene wanneer hy hoor daar is geen vakante poste nie.

Dis ’n teleurstel­ling, maar Linda kry later self ’n werk by die Alwyn Apteek – of eerder, dis wat sy dink. “Linda koop ’n paar produkte by die apteek en die apteker, oom AB

(Cedwyn Joel), knoop ’n geselsie met haar aan,” sê

Melissa. “’n Deurmekaar rak, trek haar aandag en sy sê vir AB sy gaan dit gou regpak, want dit is vir haar lekker. Hy skerts en sê sy moet sommer by die apteek kom werk, en Linda neem dit ernstig op.”

VERLOOF!

Die volgende dag meld Linda aan vir werk, en voel vernederd wanneer AB vir haar sê hy het net ’n grap gemaak. Susan gryp vinnig in en oorreed AB, met groot moeite, om Linda tog ’n kans te gee. Maar daar is reeds op haar eerste dag probleme wanneer sy sukkel om van die takies te doen wat AB haar gee, soos om van die kliënte te bel.

Intussen gaan Linda volstoom voort om blyplek te soek al skop Susan daarteen, en kry ’n plekkie by Chris (Marcel van Heerden) se huis waar sy een van sy kamers deel.

Dinge sukkel maar by die werk en Linda raak verboueree­rd wanneer die alarm afgaan. Dit ontsenu haar so dat sy bewend op die vloer gaan lê. AB is reg om haar in die pad te steek, tot sy iets doen wat hom van plan laat verander (kyk self wat dit is!). En dis nie lank nie of Linda en Bennie raak verloof – wat Susan hoogs bekommerd maak. Liefde en drama!

VERLEDE KEER

Lee-Ann was bekommerd oor Nazeem en Zoe wat saam werk, Susan het probeer om haar gedrag te verdedig, en Kaashifa en Rhafiek se huwelik was op die rotse.

IN DIÉ UITGAWE

Linda kry ’n nuwe blyplek, Wade en Angie sit weer vas, en iets skokkends word op Jacobs Property Developmen­t (JPD) se nuwe werksperse­el gevind. Linda wil bewys sy kan onafhankli­k wees, Justin hoop Wade nie gaan nie weer vir Angie val nie, en die band tussen Zoe en Nazeem word hegter. Linda het groot planne, Wade moet mooi kophou met die nuwe ontwikkeli­nge in sy lewe, en Zoe se naastes probeer om haar op koers te hou. Nazeem vertel Tim om sy vermoedens vir homself te hou, Bennie vra raad by Ty en Chris, en Zoe rig ’n versoek tot Bridgette.

Bennie voel goor omdat hy dit nie kon regkry om Linda te soen nie, Zoe doen ’n groot aankondigi­ng, en Nazeem worstel met sy gevoelens. Bennie het ’n belangrike vraag vir Linda, Zoe skok almal wanneer sy haar vlug na Boston vervroeg, en Bennie wil ’n partytjie reël. Linda en Bennie probeer aan almal bewys hulle is ernstig oor hul besluit, Wade en Angie wil hul verhouding bekend maak, en iemand daag onverwags in Ruiterbosc­h op. Nazeem wys sy romantiese kant, die situasie in die Danielshui­s raak ongemaklik met Angie daar, en Linda neem beheer van sake. Chris, Elana en AB maak gereed vir oorlog, Bennie sukkel om met die veranderin­ge in sy lewe by te hou, en Ty besluit genoeg is genoeg.

 ?? ?? Linda (links) en Bennie (regs) is reg om hul verhouding verder te laat ontwikkel.
Linda (links) en Bennie (regs) is reg om hul verhouding verder te laat ontwikkel.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa