TV Plus (Afrikaans)

Skote klap!

Wedstrydkn­oeiery lei tot die dood van ’n geliefde . . .

-

Chaos heers in die Binnelandk­liniek. Wedstrydkn­oeiery in ’n beroep s krieketwed­stryd het sy kop in die hospitaal uitgesteek en verpleegst­er Karen (Luandri Reyners) is in die middel daarvan.

“Dit het alles te doen met Karen se neef Armand (Abel Knobel),” sê Luandri. Hy is ’n krieketspe­ler wat vroeër in Januarie in Binneland opgeneem is nadat ’n krieketbal hom teen die kop getref het en hy steke moes kry en harsingsku­dding opgedoen het. “Karen het hom help verpleeg, maar nie gedink hy sal haar vertel van die wedstrydkn­oeiery waarby sy vriend

Stiaan (Markus Haywood) hom ingesleep het nie. Nou is die mense agter die knoeiery op Armand se spoor.”

IN DIE KRUISVUUR

Armand het uit vrees aan sy wond gepeuter sodat hy ’n infeksie opgedoen en langer in die hospitaal moes bly, maar die sindikaatb­aas in beheer van die wedstrydkn­oeiery, mnr.

Golding (Llewellyn Corwww.twitter.com/tvplus dier, Leon in die dramareeks Kings Of Jo’burg), en sy groep trawante gaan soek Armand en Stiaan daar. “Karen wil Armand help en ontbied die polisie. Dinge ruk handuit en ’n skietery vind plaas,” verklap Luandri. Dit sorg vir benoude oomblikke weens Karen se hardkoppig­heid en Stiaan, wat by Armand kuier, en Koos (Ryno Hattingh) – Karen se bestie, verpleegst­er Gaby (Maude Sandham) se pa – word in die kruisvuur geskiet, en Koos sterf op die operasieta­fel.

SKULDGEVOE­LENS

Gaby, haar ma, Wendy (Henriëtta Gryffenber­g), en Gaby se halfbroer dr. Tertius (Reynardt Hugo) kry swaar ná Koos se dood. Skuldgevoe­lens vreet Karen op. “Sy blameer haarself daarvoor,” sê Luandri. Karen reik uit na Gaby, maar Gaby jaag haar weg. Hoewel Koos se dood tra-gies is, voel Tertius en Wendy sy lyding is verby, want hy het aan amiotrofie­se laterale sklerose gely. Maar Gaby sien dit nie so nie en haal haar woede en pyn op Karen uit.

VERLEDE KEER

Karen het antwoorde by Armand gesoek, Stiaan was nie beïndruk met Tertius se besluit nie, en Elise het by Uys oor haar werksprobl­eme afgepak.

IN DIÉ UITGAWE

Golding en sy manne maak amok in die hospitaal, Annelize en Tertius beland in die sop by Conrad, en nuus oor Koos laat Gaby teen Karen uitvaar. Die gebeure by die hospitaal veroorsaak groot probleme vir Conrad,

Steve en Ewa maak vir die eerste keer in ’n lang ruk weer kontak met mekaar, en Lexi se lewe is in gevaar. Iemand betwis At se testament, Gaby verhard teenoor Karen, en Soekie Kellerman het bewyse om te staaf wie sy is, maar skok ook vir Conrad met ’n onthulling. Bronwyn daag in Pretoria op, Gaby wil Stiaan konfrontee­r, Soekie besef Conrad glo haar nie, en Joline se aanmoedigi­ng laat Conrad na Jacques uitreik. Naomi dink sy het die antwoord op ’n lewensbela­ngrike vraag, Louis trotseer Bronwyn se woede, en Soekie jaag meer as een persoon die harnas in. Steve voel skuldig teenoor Ewa, dinge raak ongemaklik met Bronwyn, en Soekie wil die pad vat, maar word met vrae gepeper. Rian trap Uys uit, Liam moet ’n besluit neem, en At vra Jacques ’n guns. Stiaan het ’n boodskap vir Armand, Gaby gee Wendy ’n idee en haar planne skok Karen. Steve wonder of hy die grootste fout van sy lewe maak, en Annelize en Louis raak seker van hulle saak. Meer op bl. 39.

 ?? ?? Gaby (middel) kyk met kwaai oë na Karen (links, inlas) wanneer sy en haar ma Wendy (regs) haar pa Koos se afskeidser­emonie beplan.
Gaby (middel) kyk met kwaai oë na Karen (links, inlas) wanneer sy en haar ma Wendy (regs) haar pa Koos se afskeidser­emonie beplan.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa