TV Plus (Afrikaans)

Familie verbrokkel

Gys gryp in om sy familie te herenig.

-

Jaloesie, agterdog, bulimie, steroïdes en drankmisbr­uik is besig om die Swarts-familie uitmekaar te skeur. Die streng patriarg Gys Swarts (Justin Strydom) weet hy moet iets doen om sy familie te red.

STORMAGTIG­E HUWELIK

“Gys besef sy seun Rossouw (Altus Theart) en skoondogte­r Sanet (Nadia Valvekens) se huwelik is wankelrig en dit benadeel sy kleinkinde­rs, Karla (Danielle Swanepoel) en Johan (Liam Bosman),” sê Justin. Gys, afrigter en eienaar van die swemklub Swart Marlyne, wil Karla, ’n topswemmer, na die Olimpiese Spele neem en emosionele stres kan haar swemmery belemmer. En dis als omdat Rossouw se jeugliefde vir Sanet se suster, Anja (Reandi Grey), weer opvlam.

“Daar’s nóg ’n rede waarom Gys nie wil hê Rossouw en Anja (Reandi Grey) moet versoen nie: Gys het haar destyds afgerig en het groot drome vir haar gehad totdat ’n donker geheim tussen Gys en Anja haar die land oornag laat verlaat het. Hy wil tot elke prys keer dat dié geheim op die lappe kom, want dit sal die magtige Gys Swarts sink,” voeg hy by.

JALOESIE EN AGTERDOG

Sedert Anja verlede jaar van Kenia af teruggekee­r het toe haar oorlede ma, Lydia (Rika Sennett), ernstig siek geword het, het Rossouw en Sanet se huwelik begin wankel. Die aantrekkin­gskrag tussen Anja en Rossouw was steeds daar en terwyl Sanet dieper in die bottel begin kyk het, het Anja en Rossouw ál nader aanmekaar gekom en selfs een aand gesoen.

En toe daag die charismati­ese Farooq (Federico Fernandez), Anja se kêrel, onverwags op en sy teenwoordi­gheid het Rossouw heeltemal ontspoor. “Anja het nie verwag Rossouw sal so jaloers wees nie,” sê Reandi. “Daar is duidelik nog unfinished business tussen Anja en Rossouw.”

MANIPULASI­E

Gys manipuleer Sanet om haar huis in orde te kry. Sanet probeer haar huwelik red en wanneer Karla se angstighei­d oor die spanning in die huis toeneem, werk Anja en Rossouw saam om die bulimiese Karla te help. Rossouw raak ál depressiew­er. Gys se frustrasie neem toe en hy haal dit op Johan in die swembad uit. Maar êrens gaan ’n oplossing kom . . .

VERLEDE KEER

Sanet het ’n drastiese besluit geneem om haar drankprobl­eem en Karla se bulimie aan te pak, Karla het die spanning tussen haar ouers aangevoel, en Arno moes sy eie struikelbl­okke oorkom.

IN DIÉ UITGAWE

Sanet is nie gelukkig met Karla se ultimatum nie, Pam kry koue voete nadat nuwe inligting bekend word, en Lettie gee Henry raad oor wat volgende moet gebeur. Karla se nuwe afrigter veroorsaak probleme, Henry se gunsie lei tot ’n ernstige gesprek tussen Arno en Johan, en Lettie en Nomsa help

Pam met haar voorbereid­ing. Meghan ontmoet Deedee se eksman, Anja is ongelukkig met Rossouw se optrede, en Gys manipuleer Sanet. Meghan se harde werk kan deur Gys verongeluk word, en Sanet probeer haar huwelik red. Zelda is tevrede met haar plan, en Rossouw en Anja werk saam om Karla se angs te temper.

Gys haal sy frustrasie­s op Johan uit, Sanet kry raad, en Nina vra Wim ’n guns. Meghan wil weet wie Gys werklik is, Rossouw is nie die enigste een wat in ’n bui is nie, en Arno se konkelwerk laat hom na ontvlugtin­g soek wat tot ’n rusie lei. Stilte maak ’n kruispad-keuse makliker, Sanet soek raad by Jacques, en Lettie het ’n nuwe uitdaging vir Henry. Christelle het skokkende nuus vir Johan, Sanet verneder Meghan, en Rossouw bevind homself in die hel. ’n DNS-toets lei tot ’n vergaderin­g en Christelle is desperaat om die waarheid te bewys.

 ?? ?? Sanet en Rossouw (inlas)probeer hard om hul huwelik te red.
Sanet en Rossouw (inlas)probeer hard om hul huwelik te red.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa