TV Plus (Afrikaans)

Nóg spore uitgevee

Genevieve teiken vir Delia wat krap waar dit nie jeuk nie.

-

Genevieve Lee (Delia Pereira), die bose hoof van die Chironhosp­itaal, die Binnelandk­liniek se grootste mededinger, se korrupte dade is besig om haar in te haal. Eers het sy vir At (Hans Strydom) in Desember verlede jaar probeer doodmaak om haar spore dood te vee nadat sy miljoene gesteel het wat vir die bou van ’n hospitaal in Nigerië bedoel was, en nou is Delia (Odelle de Wet), die hospitaal se administra­teur, op Genevieve se radar wanneer Delia besef Genevieve verduister geld.

GELD IS GESTEEL

Alles begin wanneer Delia Genevieve vertel KL Properties word deur die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens geouditeer en Genevieve haar asvaal skrik. Vir dié wat nie weet nie: At en Genevieve het destyds KL Properties gestig toe hulle saam by Chiron gewerk het. Chiron, asook Genevieve en At in hul persoonlik­e hoedanighe­id, het geld in KL Properties belê om hul droom-oorplantin­gseenheid te bou.

“Delia sien iets is verkeerd wanneer sy die nuus aan Genevieve oordra, maar lees nie te veel daarin nie. Volgens haar is die oudit net ’n formalitei­t,” sê Odelle. Maar Delia weet nie Genevieve het geld by KL Properties gesteel nie . . .

OMGERY!

Delia sê vir Genevieve sy het met die finansiële bestuurder gepraat om die nodige dokumente oor die besigheid vir die taksman te kry. “Terwyl sy na KL Properties se bankstate kyk, kom Delia op ’n buitenspor­ige groot uitgawe af. Sy konfrontee­r Genevieve daaroor, maar Genevieve lieg en sê sy weet niks daarvan nie. Delia het egter bewyse van die finansiële bestuurder dat Genevieve die geld onttrek het,” verklap Odelle.

Delia soek antwoorde en Genevieve erken uiteindeli­k sy het geld by KL Properties gevat om dinge reg te stel nadat ’n belegging vir ’n Chironsust­ershospita­al in Hongkong nie uitgewerk het nie, en sy al die geld verloor het toe die projek doodloop. “Delia kan nie glo hoe Genevieve alles onder hul neus gedoen het nie,” sê Odelle. En op daardie oomblik besef Genevieve: Delia weet te veel en sy moet van haar ontslae raak!

Later vertel Delia haar vriend, dr. Steve (Clint Brink), sy dink Genevieve verduister geld. “Steve is besorg oor Delia, maar weet nie of hy haar alles kan vertel wat hy van Genevieve weet nie,” sê Odelle. En dan word Delia deur ’n motor omgery en beland in ongevalle by Binneland!

ONTHULLING­S

Wanneer Delia wakker word, is Steve aan haar sy en hy blaker alles uit wat hy van Genevieve weet: Dat At sy probeer doodmaak het en hoe Genevieve waarskynli­k nou vir Delia wou vermoor. Genevieve stap later by Delia se privaatsaa­l in terwyl Conrad (Hykie Berg) vir Delia vertel die versekerin­g vir die Super ER – die ongevalle-eenheid wat hulle op At se grond wou oprig, maar waar ’n ontploffin­g was – gaan wel uitbetaal, en Genevieve besef dis ’n geleenthei­d om nóg geld in te palm!

 ?? ?? Delia (links) is versigtig vir Genevieve (middel) nadat Genevieve haar wou vermoor, en Steve (regs) probeer haar beskerm.
Delia (links) is versigtig vir Genevieve (middel) nadat Genevieve haar wou vermoor, en Steve (regs) probeer haar beskerm.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa