TV Plus (Afrikaans)

Dubbele dilemma ONTKENNING EN SKOK

Twee swaarde hang oor Johan se kop.

-

Die windmakeri­ge Johan (Liam Bosman), wat die afgelope paar maande in die geheim opkikkers gebruik om sy swempresta­sie te verbeter, word nou lelik in ’n hoek gedryf. Eerstens het sy nuwe meisie Christelle (Nolene Spinks) hom vertel sy is swanger en hy is moontlik die pa van haar ongebore kind, en tweedens gebeur iets wat sy dwelmgehei­m kan oopvlek.

Johan dink hy is die coolste ou, vertel Liam. “Johan het dit eers afgelag toe Christelle hom vertel sy is swanger. Toe Christelle hom beveel het om ’n vaderskapt­oets te laat doen, het hy aanvanklik geweier.” Maar daarna het sake ernstiger begin word: Christelle het Johan se ouers vertel sy is swanger en Johan is moontlik die pa, en nou begin hy ernstig stres. Johan se ouers, Sanet (Nadia Valvekens) en Rossouw (Altus Theart), is albei net so geskok oor Christelle se nuus. “Sanet voel haar hele familie val uitmekaar, maar sy weier om te glo Johan is die pa van

Christelle se kind,” sê Nadia.

Altus vertel Rossouw is ook verslae oor die nuus, maar hy dring daarop aan dat Johan die vaderskapt­oets doen sodat die waarheid kan seëvier. Dit is egter nie net Sanet wat dink Christelle versin haar swangerska­p nie. Sanet se suster Anja (Reandi Grey) waarsku Rossouw teen Christelle omdat sy ook dink Christelle praat nie die waarheid nie. “Sanet vererg haar weer bloedig, want sy voel Anja steek alewig haar neus in hul familiesak­e,” sê Nadia.

WEGKOMKANS

Johan het egter nog meer rede tot kommer en raak erg benoud wanneer beamptes die tweede keer uit die bloute by die swembad opdaag om die swemmers vir dwelms te toets. Hy weet vir seker hy gaan nie die toets slaag nie. “Johan bedink dadelik ’n slinkse plan en ruil weer sy urinemonst­er met Tshepo (Johnny Potsanyane) s’n om. Gelukkig kom hy ’n tweede keer skotvry daarvan af.”

Rossouw is wel nie blind daarvoor dat Johan moontlik steroïedes gebruik nie – Anja het reeds drie weke terug die saadjie by Rossouw geplant. “Al het twee toetse gewys Johan is skoon, glo hy nie sy kind is onskuldig nie,” sê Altus. Sanet, wat altyd glo haar gesin is perfek, glo hoegenaamd nie Johan gebruik opkikkers nie. Sy dring daarop aan Rossouw moet die hele ding los en dat hulle as ouers op hul kinders se sukses moet fokus.

Liam voeg by Johan het geen skuldgevoe­lens omdat die vingers nou twee keer na Tshepo wys nie. “Hy glo mos hy is beter as Tshepo en dink aan niemand anders as homself nie. Hy doen wat hy moet doen om onskuldig te lyk, ongeag die gevolge,” sê hy.

 ?? ?? Johan (bo) ruil sy urinemonst­er met Tshepo s’n om.
Johan (bo) ruil sy urinemonst­er met Tshepo s’n om.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa