TV Plus (Afrikaans)

Heul met die duiwel

Jermaine se terugkeer na Hillside is gevul met woede, ontkenning en leuens, en Shady swig weer daarvoor.

-

Adrian Steyn het die koppe laat draai toe hy laat 2022 by die spelers van 7de Laan aangesluit het. In die sepie Getroud Met Rugby was hy die liefdevoll­e gay rugbyheld Ryno. Maar in Hillside het hy verander in ’n beheersugt­ige, magshonger en roembehept­e manipuleer­der wat oornag met Shady (Beáta Bene Green) getrou het en haar oortuig het om haar vriende te vergeet en op hom en hul roem te fokus.

“My karakter het beslis die verwagting­e oorskry (deur aaklig te wees). Jermaine het sy doel met Shady bereik en hoewel hul (sy) doel om meer te verdien en bekend te wees nie uitgewerk het nie, het hy net betyds padgegee en na sy volgende slagoffer beweeg. Hoe twyfelagti­g is dit?” sê Adrian. Wanneer Jermaine dus in Januarie na die dorp terugkeer, gehawend, gekneus en in ’n rolstoel ná ’n ongeluk, het hy dadelik vir Shady gemanipule­er om hom te versorg.

En dis net die begin van sy “hergeboort­e” . . .

DESPERATE DRAMA

Ondanks almal se waarskuwin­gs oor Jermaine het Shady steeds ’n sagte plekkie vir hom. “Hy het nêrens gehad om te gaan nie en niemand om hom te versorg nie,” sê Adrian. “Maar dié keer is dit nie vir roem nie – hy het werklik iemand nodig op wie hy kan staatmaak, hy het iemand nodig wat hom kan help om alledaagse dinge te doen. Hy was desperaat en ek dink dit het die kykers se opvatting oor hom verander.”

Shady is steeds verblind deur haar liefde vir hom en dís hoekom sy gekies het om hom te help, sê Adrian. “Hy het Shady laat glo hy het haar lief. Sy het daarvoor geswig en het alles in die stryd gewerp. ’n Mens sal altyd motivering soek of jouself probeer oortuig die voornemens was dalk nie sleg nie. Ek dink Shady se sagte hart was dié keer meer gefokus. Sy help hom, want sy sal nie aan haar eie standaarde voldoen indien sy hom by die hospitaal of op straat gelos het nie.”

LIEFSTE PAPPA

Jermaine se terugkeer na Hillside is egter meer kompleks. “Jermaine is terug, want hy wil sy sakeman-pa DeWet (Dirk Stoltz) beter leer ken,” sê Adrian. “Jermaine het sonder ’n pa grootgewor­d, wat ’n groot rol gespeel in die mens wat hy nou is. Hy het niemand gehad om vir hom te sorg nie, om hom reg en verkeerd te leer nie – veral nie ’n vaderfiguu­r nie. Hy moes van ’n jong ouderdom af sy pad oopveg en het uitgevind hy het ’n slag om mense te swendel, wat om eerlik te wees moeilik gemaak het.”

Jermaine gaan egter ’n bondgenoot kry – die gewetenlos­e prokureur

Lesedi (KB Motsilanya­ne). “Sy is ook baie ervare en het haar eie maniere om te kry wat sy wil hê. Lesedi het ’n geskiedeni­s met haar ma, sy verstaan dus daar steek meer in Jermaine en dat hy slegs die mas probeer opkom. Sy verstaan hoe dit voel om ’n buitestand­er te wees, en dalk wil sy Jermaine se vaardighed­e en hartseer tot haar voordeel gebruik . . .”

 ?? ?? Jermaine (voor) het Shady (regs) weer gemanipule­er, maar hy is dalk nie net sleg nie.
Jermaine (voor) het Shady (regs) weer gemanipule­er, maar hy is dalk nie net sleg nie.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa