TV Plus (Afrikaans)

’n Ma met ’n missie

Carina Nel onthul wat in Alexa se kop aangaan noudat sy ophou werk het as ’n dokter om ’n tuisblyma te wees.

-

“Alexa voel ietwat oorbodig, asof die wêreld haar en haar werk as ’n dokter reeds vergeet het,” sê Carina Nel. “Dit was ’n moeilike besluit om die mediese beroep agter te laat, want Alexa het daarvan gehou om ’n dokter te wees, sy’s ’n geneser en dis belangrik vir haar om mense te help – selfs in die algemeen.” En om haar teaterkler­e vir ’n huisvrou se voorskoot te verruil gaan baie meer druk op Alexa plaas as wat sy kon dink . . .

DIE REGTE TYD

Daar is talle redes waarom Alexa haar rug op die werk gedraai het om tuis te bly. “Sy het finansiële sekerheid met haar man Fikani (Nicholas Nkuna) wat ’n dokter en die eienaar van ’n sportwinke­l is. Hulle het die situasie bespreek en het aanvaar hulle is bevoorreg dat een eggenoot werk en die ander een tuis kan bly,” sê Carina. “Die feit dat hulle geld het, maak dit maklik. Maar daar is ook ’n sin van verantwoor­delikheid vir Alexa. Die afgelope jaar was moeilik vir Alexa en Fikani – hulle het persoonlik­e kwessies gehad wat hul huwelik bedreig het weens haar eksminnaar Tiaan (Frank Rautenbach) en Lesedi (KB Motsilanya­ne), wat Fikani se spermmonst­er uit die Hillside-kliniek gesteel het, Alexa wil dus ’n beter vrou vir Fikani wees. Sy wil ook ’n beter ma wees vir haar seun Nelo (met Fikani) en Dimpho (Lesedi en Fikani se kind). “Sy voel haar persoonlik­e lewe moet nou haar prioriteit wees,” sê Carina, wat erken sy sal ook daarvan hou om tyd saam met haar eie dogter, die 2jarige Carlemi, deur te bring indien sy kon. “Maar soos Alexa hou ek van werk. ’n Halfdagwer­k en finansiële sekerheid sal wonderlik wees!”

ÁL MEER BEROU

Alexa mis egter haar werk. “Daar is ’n noodgeval by die plaaslike koffiewink­el Oppiekoffi­e en die paramediku­s Tjattas (Rikus Strauss) laat Alexa soos ’n omstander voel. “Sy’s ’n dokter en gewoond daaraan om beheer van die situasie te neem. Nou gee sy vir Tjattas pleisters aan,” verduideli­k Carina. “Haar werk as ’n dokter was ’n groot deel van haar identiteit en nou voel sy soos ’n kinderoppa­ster en dís nie haar ware doel in die lewe nie,” sê die aktrise, maar sy verklap nie wat volgende gaan gebeur nie . . .

 ?? ?? Alexa se besluit om tuis te bly, is dalk nie goed nie . . .
Alexa se besluit om tuis te bly, is dalk nie goed nie . . .
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa