TV Plus (Afrikaans)

Die gekonkel duur voort

Annelize skrik haarself boeglam wanneer At voor haar deur opdaag!

-

Die groot en magtige At (Hans Strydom) is op die oorlogspad. Die wegkruiper­tjie wat hy tans met die spioen Ewa (Bianca Amato) speel – waar hy almal moet laat dink hy is dood – is volgens hom nou verby. At wil huis toe gaan en die HUB van Chiron-hospitaal, Genevieve Lee (Delia Pereira), wat hom probeer doodmaak het om haar korrupsie toe te smeer, vasvat. En dan is daar die saga rondom sy eerste vrou, Soekie (Antoinette Kellerman), wat onlangs haar verskyning gemaak het en sy testament betwis, al was hy oortuig Soekie is dood.

At wil beheer neem, dus bewimpel hy dit met die hulp van sy handlanger Jacques (Charlie Bouguenon) om ’n vals paspoort in die hande te kry en na Suid-Afrika terug te keer.

’N DNS-TOETS

Daar is wel van At se familieled­e en bondgenote wat nes hy lont ruik wanneer dit by Soekie kom, daarom dring sy broer Louis (Germandt

Geldenhuys) en At se eksvrou dr. Annelize (Cindy Swanepoel) op ’n DNS-toets aan om te bevestig of Soekie wel

Conrad (Hykie Berg), At se seun, se tannie is. Soekie sê sy is nie Conrad se biologiese ma nie, haar suster Bets (nie op die skerm nie) is wel, maar Bets het Conrad vir haar gegee om groot te maak. “Aanvanklik weier Soekie volstrek om die toets te laat doen,” verklap Cindy. “Maar sy stem in wanneer druk op haar geplaas word.” Die uitslag bevestig Soekie is Conrad se tannie. “Maar Annelize en Louis meen steeds iets is nie pluis nie.”

STOMGESLAA­N

Intussen besef Ewa met ’n skok At is skoonveld en Annelize is stomgeslaa­n wanneer sy haar voordeur oopmaak en At voor haar staan.

At het nie tyd vir Annelize se skok nie en sê reguit vir haar Soekie lieg oor wie sy is, Genevieve het hom probeer doodmaak, en dr. Steve (Clint Brink) en Jacques weet nog die heeltyd hy leef. Hy sê vir Annelize hy gaan op sy plaas bly en sy moet vir niemand sê hy leef nie, maar Annelize moet Soekie ontmasker. “Annelize sukkel om alles te verwerk, maar sy stem uiteindeli­k in om At te help.” Maar hoe . . .

VERLEDE KEER

Koos is in ’n skietvoorv­al by die Binnelandk­liniek gewond en het aan sy wonde beswyk, Soekie Kellerman, At se eerste vrou, het uit die bloute in Pretoria opgedaag en At se testament betwis, en Lexi het ernstig siek geword nadat sy van die tamaties in Louis se groentetui­n geëet het.

IN DIÉ UITGAWE

Genevieve wil Binneland se raad spreek, Bronwyn het inligting vir Steve, en Gaby besef sy het Tertius dalk in die steek gelaat. Wendy neem ’n groot besluit, Steve se liefdeslew­e is ’n ramp, en Conrad vind uit wat die DNS-toets se uitslag is. Soekie het ’n bondgenoot en gee Annelize ’n voorsmakie van wat die toekoms kan inhou, en Tracy besef wat met Uys verkeerd is. Ewa maak ’n ontstellen­de ontdekking, Annelize kry die skok van haar lewe, en Zee bespreek ’n droom met Louis. At gaan sy stappe mooi moet beplan, Uys het ’n oplossing vir Lexi se probleem, en Zee soek opwinding in haar lewe. Soekie kry ontstellen­de nuus, Naomi vind uit wie vir haar blomme gestuur het, en Uys skuld Lexi ’n verskoning. Ewa kry snuf in die neus, Genevieve is nie voorbereid op wat op haar wag nie, en Soekie se optrede maak Tracy agterdogti­g. Naomi besef wie haar bewonderaa­r is, Ewa vra Steve om eerlik te wees, en At verwoord sy vrese. Annelize en Steve het Ewa se hulp nodig, en Rian probeer Tertius van sy plan laat afsien.

• Lees meer op bl. 45.

SPELERS: Amalia Lily van Niekerk • Andries Richter André Odendaal • Annelize Roux Cindy Swanepoel • Annetjie Strauss Lorraine

Burger • At Koster Hans Strydom • Bronwyn Abrahams Kim Cloete • Chanel Samuels Lindsey Cele • Conrad Bester Hykie Berg • Danny Jantjies Bradley Olivier • Delia Richter Odelle de Wet • Ewa Marinov/ Andrea Hayden Bianca Amato • Gaby Toerien Maude Sandham • Genevieve Lee Delia Pereira • Hugo Vos Cobus Rossouw jr. • Jacques Charlie Bouguenon • Joline Hofmeyr Rika Nieuwoudt • Jonas Jacques Gombault • Julia Wessels Eloise Clasen • Karen Kriel Luandri Reynders • Koos Jonker Ryno Hattingh • Louis Koster Germandt Geldenhuys • Lexi Abrahams Kisha Skeï • Liam Vorster David Viviers • Lucas Richter André Lötter • Naomi Koster Je-ani Swiegelaar • Oom Wimpie du Toit Paul Lückhoff • Rian Malherbe Erik Holm • Rita Nortier Ilana Cilliers • Rodney Maynard-Smith Wilson Dunster • Ruan de Beer Caiden Bouwer • Sharon Basson Marissa Claasen • Soekie Kellerman Antoinette Kellerman • Steve Abrahams Clint Brink • Tertius

Jonker Reynardt Hugo • Tracy Smit Melinda Viljoen • Uys Wagener Gerald Steyn • Vicky de Beer Roxanne Bornman • Wendy Henrietta Gryffenber­g • Zee (Zanel) Jordaan Mila Guy

 ?? ?? Annelize (hooffoto) kan haar oë nie glo wanneer sy in At (inlas) se gesig vaskyk nie.
Annelize (hooffoto) kan haar oë nie glo wanneer sy in At (inlas) se gesig vaskyk nie.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa