TV Plus (Afrikaans)

Daai Crazy Somer

Weekdae e.tv (*194) 17:30 Telenovell­e

-

Die gesoute akteur Jacques Gombault, bekend vir sy rol as die bose Jonas in die sepie Binnelande­rs (lees meer op ble. 18, 19 en 45) doen al oorklankin­gswerk sedert sy loopbaan in die vroeër 1990’s begin het. “In my jonger dae het ek oorklankin­g vir animasiere­ekse en Bybelfilms vir kinders gedoen.

Die manier hoe jy lip sync, soos hulle in Engels sê, moes doen, was ’n uitdaging. Maar hoe meer ek dit gedoen het, hoe beter het ek geword,” sê Jacques.

Jacques se suiwer en warm stem word tans gehoor in die nuwe

Turkse telenovell­e Daai Crazy Somer, weekdae op e.tv (*194), as die hoofkarakt­er Selim Kara (Ali Atay). “Selim is ’n staatsaank­laer en ’n baie reguit man, hy sê ’n ding soos hy is,” sê Jacques. “Sy werk was nog altyd ’n ontvlugtin­g vir hom, maar wat hy nie besef nie, is sy werk is besig om sy huwelik te verwoes, want hy is meer by die werk as by sy gesin.”

Jacques sê om stemwerk te doen, is ’n vorm van kuns. “Dis belangrik om die vokale en konsonante reg uit te spreek dat dit pas in die akteur se mond op die skerm, en dan moet jy ook nie leserig oorkom nie,” sê Jacques. Hoe jy emosies oordra, speel ook ’n rol. “Dit verg harde konsentras­ie om die regte emosie slegs met jou stem oor te dra. Ek onthou in een toneel moes ek huil, maar ek het net een kans gehad om dit reg te doen en op te neem. Dit was nie maklik nie, ek moes konsentree­r en diep delf.” En gaan ons Jonas binnekort weer sien? “Verseker,” verklap Jacques. “Hy gaan iewers in die jaar weer lekker amok maak in Binnelande­rs! • Lees meer oor Daai Crazy somer op bl. 26.

 ?? ?? Jacques Gombault (hooffoto) is die stem van die hoofkarakt­er Selim Kara (inlas) in Daai Crazy Somer.
Jacques Gombault (hooffoto) is die stem van die hoofkarakt­er Selim Kara (inlas) in Daai Crazy Somer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa