TV Plus (Afrikaans)

Kyk ook vandag

-

The Block Australia

Seisoen 16 M-Net (*101) 18:00 Realiteit

Episode 5 Dit is tyd vir die onthulling van die hoofbadkam­er. Twee beoordelaa­rs is opgewonde oor wat hulle sien, maar die ander een blyk oorkrities te wees – en om ’n goeie rede.

Magnum P.I.

Seisoen 4 M-Net (*101) 19:00 Aksie

Episode 18 Magnum kom onder verdenking wanneer hy ’n misdaad ondersoek wat met sy vermoorde weermagvri­end verbind word.

MasterChef Australia

Seisoen 14 Me (*115) 19:00 Realiteit

Episode 11 Shannon Bennett is terug as die gassjef en beoordelaa­r en gee die deelnemers ’n Mystery Box-uitdaging wat meer as een deelnemer paniekerig en tranerig maak.

Pawn Stars

Seisoen 19 History (*186) 19:25 Realiteit

Episode 14 Corey se liefde vir ruk-en-rol skakel oor in hoogste versnellin­g wanneer ’n versamelaa­r ou aandenking­s van Guns ’n Roses verpand.

Eendag

Seisoen 3 VIA (*147) 20:00 Leefstyl

Episode 5 Veronica en Deon het albei amper hoop op die liefde opgegee toe hulle mekaar aanlyn ontmoet. Nege maande later voel dié twee almal verdien ’n eendag, en dit is nou hul beurt!

Blue Bloods

Seisoen 12 M-Net (*101) 20:00 Drama

Episode 17 Frank is geskok wanneer hy uitvind die burgemeest­er het Jamie sonder sy medewete aangestel om die burgemeest­erslyfwag te lei, en Danny en Baez ontdek iets kommerwek-kends wanneer hulle ’n moordsaak ondersoek.

Chicago Med

Seisoen 3 Universal TV (*117) 20:00 Drama

Episode 9 & 10 Drs. Choi en April dink hul pasiënt word deur haar ouers mishandel, Manning en Halstead kry met ’n tienerpasi­ënt se beheervraa­tman te doen, en Reese se vervreemde pa word dr. Charles se nuutste pasiënt.

CSI: Vegas

Seisoen 2 M-Net (*101) 21:00 Aksie

Episode 11 Die CSI-span kom af op ’n jong seun wat nie spraaksaam is nie en op ’n vreemdelin­g se eiendom wegkruip en begin na sy ma soek, en Max kry inligting wat simbole van vorige moordsake bevat.

The Tourist

Seisoen 1 M-Net (*101) 22:00 Drama

Episode 2 Nadat hy sy geheue verloor het, is The Man vasberade om sy identiteit vas te stel, met ’n hardnekkig­e polisieman op sy spoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa