TV Plus (Afrikaans)

House Of Cards

Seisoen 5 SABC3 (*193) 00:00 Drama

-

Indien jy gedink het die skelm en oneerlike president Frank Underwood (Kevin Spacey) was boos in politieke dramareeks House Of Cards, hou styf vas – hy gaan dieper sink en wys presies hoe veragtelik hy kan wees. “Frank is die laaste mens met wie jy swaarde wil kruis, maar dit is juis wat in hierdie seisoen gaan gebeur,” sê Joel Kinnaman (die ruimtevaar­der Ed Baldwin in die sci-fi-drama For All Mankind). Hy speel die Republikei­nse presidents­kandidaat Will Conway, Frank se teëstander vir die magtigste werk ter wêreld.

“Jy moet besef Frank beheer die Verenigde State, sy mense en biljoene dollars. Hy gaan nie sonder ’n stryd uittree nie,” vertel Joel, en voeg by: “Wanneer Will dus opdaag, as ’n opregte en suiwer Amerikaans­e politikus en dreig om Frank te ontsetel, is Frank op sy agterpote.” Frank het oor vier seisoene mense se sakke volgestop en magspeletj­ies met sy pionne gespeel om seker te maak hy kry wat hy wil hê. Will, aan die anderkant, is bereid om Frank die stryd aan te sê en te baklei. “Dis ’n moeilike posisie en Will byt dalk te veel af. Hy weet die leier van die vrye wêreld is gevaarlik en het oral oë en ore, maar Will kan nie ’n oog knip sonder dat Frank daarvan weet nie,” sê Joel.

Dit is baie waar – in egte Frankstyl het hy spioene wat in Will se lewe delf en die Republikei­nse politikus fyn dophou, en ook mense in Will se kring wat in Frank se diens is. “Dit sal dom wees indien Frank nie sy vriende na aan hom hou, en sy vyande nóg nader nie. In dié stadium hou Frank Will so naby, hulle kan net sowel ’n bed deel,” voeg Joel by.

 ?? ?? Will Conway (hooffoto) pak president Frank Underwood (inlas) in House Of Cards.
Will Conway (hooffoto) pak president Frank Underwood (inlas) in House Of Cards.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa