TV Plus (Afrikaans)

Kyk ook vandag

-

The Rookie

Seisoen 4 M-Net (*101) 19:00 Aksie

Episode 12 Nolan en sy spanmaat soek na die mens wat ’n hand op die strand verloor het, en Tim probeer hard om te bewys hy wil Lucy nie beheer nie . . . deur hul afspraakaa­nd te beheer.

MasterChef Australia

Seisoen 10 eReality (Openview 108) 19:00 Realiteit

Episode 25 Die deelnemers word in twee spanne verdeel en na Suid-Australië gestuur waar hulle die heel eerste aandmark in Adelaide moet bestuur.

Boer Soek ’n Vrou

Seisoen 15 kykNET (*144) 20:00 Realiteit

Episode 5 Marciel gaan maak ’n draai op die plase voor die pasmaats opdaag. Sy gesels met elke boer oor sy voorbereid­ings vir hul besoek. Hulle gaan vir ’n week by die boer woon en werk terwyl die boer moet besluit watter een van die drie dalk die liefde van sy lewe kan wees. Die pasmaats moet ook besluit of die boer die man vir haar is.

Vergewe My

Seisoen 4 VIA (*147) 20:00 Dokkie

Episode 9 ‘n Sprankelen­de, aktiewe en gesonde 22-jarige Celia Brits is op 17 Maart 2016 met ’n ernstig blaasinfek­sie in die ongevalle-afdeling van ’n hospitaal opgeneem. Haar ouers sukkel ná al die jare steeds om haar skielike en onverklaar­bare dood twee dae later te verwerk. Die familie blameer die hospitaal en soek na antwoorde.

Agter Tralies

Seisoen 5 VIA (*147) 20:30 Dokkie

Episode 9 Alexander was so gretig om homself aan sy bendeleier­s te bewys, hy was bereid om wapens vir die organisasi­e te steel, wetende hy kan in die tronk beland.

Sort Of

Seisoen 1 SABC3 (*193) 20:30 Komedie

Episode 2 Bessy is steeds in ’n mediese koma wat Paul op ’n ernstige ineenstort­ing laat afstuur, en Sabi besef haar drome om Berlyn te besoek, is van haar wenslysie geskrap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa