TV Plus (Afrikaans)

Kyk ook vandag

-

Magnum P.I.

Seisoen 4 M-Net (*101) 19:00 Aksie

Episode 19 ’n Man huur Magnum en Higgins nadat hy bloedbesme­er op die strand wakker word en niks kan onthou nie, en TC moet Cade se biologiese ma trotseer.

MasterChef Australia

Seisoen 14 Me (*115) 19:00 Realiteit

Episode 15 Die sjefdeelne­mers kry elkeen net een eier en moet ’n gereg daarmee skep wat ook smaaklik is.

Pawn Stars

Seisoen 19 History (*186) 19:25 Realiteit

Episode 15 Rick is stomgeslaa­n wanneer hy ’n paar Puma-tekkies uit 1968 in die hande kry, maar teen ’n belaglike prys.

Eendag

Seisoen 3 VIA (*144) 20:00 Leefstyl

Episode 6 Al het Nadine Ryno effens onkant betrap toe sy hom vra om te trou, was albei seker hulle wil nie langer op hul eendag wag nie. Hulle is nou agt jaar saam en al wat oorbly, is om uiteindeli­k te trou!

Chicago Med

Seisoen 3 Universal TV (*117) 20:00 Drama

Episode 11 & 12 Dr. Choi probeer sy buurman help wat in ’n aanval met ’n mes gesteek is, Noah diagnoseer ’n pasiënt verkeerd met rampspoedi­ge gevolge, en drs. Manning en Choi verlos ’n baba in ’n wanhopige poging om die baba en die ma te red.

American Pickers

Seisoen 23 History (*186) 20:15 Realiteit

Episode 21 Mike en Jersey herleef hul jongdae en hul voorliefde vir vlooimarkt­e wanneer hulle ’n uiters private versamelaa­r besoek, en Robbie en Danielle gaan na ’n versamelaa­r in Arizona met die leuse “alles het ’n prys”.

CSI: Vegas

Seisoen 2 M-Net (*101) 21:00 Aksie

Episode 12 Werk knip Catherine se tyd saam met haar gesin kort wanneer ’n vrou ná vier jaar uit ’n koma ontwaak en die nag van haar suster se dood onthou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa