TV Plus (Afrikaans)

Wie Word ’n Miljoenêr?

Seisoen 2 kykNET (*144) 20:00 Realiteit

-

Liefde is dié Februarie in die lug op die vasvraprog­ram Wie Word ’n Miljoenêr met ’n spesiale Valentynse­pisode waarin bekende paartjies deelneem om geld vir liefdadigh­eid in te samel. Dié paartjies sluit in die akteur Altus Thart (Rossouw in die telenovell­e Diepe Waters, lees meer op ble. 22 en 23) en sy aktrisevro­u, Zetske van Pletzen (Julia in die sepie Getroud Met Rugby), die sanger Bouwer Bosch en sy meisie Lucinda Neethling, asook die verloofde akteurspaa­r Bennie Fourie (Baltus in die komedieree­ks Magda Louw, lees meer op bl. 12) en Mila Guy (dr. Zee in die sepie Binnelande­rs, lees meer op ble. 18, 19 en 45).

“Dit was ’n heerlike ervaring,” sê Mila. “Toe ons die episode verlede jaar verfilm het, was ek en Bennie nog nie verloof nie, maar hy het daar vir my gesê wanneer die episode uitgesaai word, sal ons verloof wees. Ek was verbaas, maar het min aandag daaraan gegee. En kyk waar staan ons nou: verlief en verloof.”

In die spesiale episode neem die paartjies as ’n span deel. “Tydens die eerste Vinnigste Vingers-ronde neem ons individuee­l deel en as ek byvoorbeel­d die vinnigste die vraag beantwoord, sit my wederhelf saam met my in die warm stoel,” verduideli­k Mila. “Dan werk ons saam as ’n span om die geldleer te klim en soveel moontlik geld los te slaan.”

Mila sê die gesonde wedywering tussen die paartjies was groot pret. “Dit was lekker om Rian as ’n hulplyn te hê, want hy het baie kennis, maar ek het gewonder of ek kan vertrou hy ken die antwoord, want hy het ’n goeie poker face.”

 ?? ?? Die glanspaart­jies wat deelneem, is van links: Bennie, Mila, Bouwer, Lucinda, Rian (die aanbieder), Zetske en Altus.
Die glanspaart­jies wat deelneem, is van links: Bennie, Mila, Bouwer, Lucinda, Rian (die aanbieder), Zetske en Altus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa