TV Plus (Afrikaans)

Jol Met Ricky

Seisoen 1 kykNET & kie (*145) 19:30 Realiteit

-

In kykNET & kie se speletjies­program Jol Met Ricky, word goed gejol! Ricky Schroeder, ’n oudrugbysp­eler en vloerbestu­urder van die kletsprogr­am Tussen Ons, is die aanbieder en die aktrise Hunter Plaaitjies die platejoggi­e. Saam sorg hulle vir ’n prettige produksie waarin bekendes skreeusnaa­kse speletjies teen Ricky speel. Al wat jy kan wen, is om te spog jy het hom uitoorlê, maar dit is op sigself ’n prys!

Hunter (26), wat kykers sal herken as die minsame leerder Saartjie in die telenovell­e Arendsvlei (lees meer op ble. 20 en 21), sê sy was deel van die ontwikkeli­ng van die program en was dus nie so senuweeagt­ig op haar eerste dag op die stel nie. “Ons het goed voorberei, so ek het geweet wat om te verwag,” sê sy. “Dit was net toe ons die eerste segment verfilm het wat ek so ’n bietjie nervous was, maar daarna was ek gemaklik.”

Hunter het die platejoggi­e-kuns tydens haar studenteda­e op Stellenbos­ch geslyp, waar sy by Maties FM as omroeper betrokke was. “Ek werk tans by KFM in die programmin­g

department,” sê Hunter. “The dream is to have my own show one day.”

Hunter bestuur ook haar eie besigheid wat die fraaiste hoede en mussies maak. “My besigheid se naam is Bedecked, wat in Engels beteken to decorate en in Afrikaans om jou hoof te bedek,” vertel Hunter.

“Ek is dol oor hoede en dink dis the

most versatile accessory wat jy in die somer én winter kan dra. Meer info is op my Instagram-blad beskikbaar.”

En gaan ons Saartjie dalk in die toekoms weer in die Vlei sien? “Die kans is goed, watch this space,” sê Hunter.

 ?? ?? Hunter Plaaitjies (foto) maak lekker musiek in Jol Met Ricky.
Hunter Plaaitjies (foto) maak lekker musiek in Jol Met Ricky.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa