TV Plus (Afrikaans)

TV-terugflits

-

TV-liefhebber­s, span jul brein in vir ’n prettige kompetisie. Kry jul vriende bymekaar, en die eerste een wat al die antwoorde ken oor toeka se TV in Suid-Afrika is die wenner! Wat is die prys? Wat van die voorreg om die volgende program te kies wat almal saam moet kyk?

VRAE 1: Wanneer het die publiek die eerste TV-demonstras­ie in Suid-Afrika gesien (nie die demonstras­ie van die tegnologie in 1929 nie)?

A. In 1936 by die Rykstentoo­nstelling. B. In winkelvens­ters in 1953 vir die kroning van koningin Elizabeth II.

C. By die opening van die SAUK-gebou in Seepunt, Kaapstad, in Oktober 1955.

2: Hoe het Suid-Afrikaners die eerste maanlandin­g in 1969 gesien?

A. By skoolbyeen­komste en rolprentte­aters op fliekrolle wat uit die VSA ingevlieg is. B. Met behulp van beelde vanaf kragtige teleskope by groot planetariu­ms. C. Op spesiale “maantelevi­sie”-stelle by die Johannesbu­rgse Planetariu­m.

D. ’n Klein groepie het op ’n spesiale vlug na Londen gevlieg om daar TV te kyk.

E. C en D.

3: Waarvoor staan die beeld op dié blad?

A. ’n Plan vir die uitleg van die nuwe SAUK TV-kantore in Auckland Park. B. ’n TV-toetspatro­on, wat kykers kon help om hul lugdrade en TV-stelle in te stel. C. Suid-Afrika se eerste Gay Pride-vlag.

4: Wanneer was die eerste nasionale SAUK TV-uitsending in Suid-Afrika?

A. 8 Mei 1945 B. 20 Julie 1969 C. 5 Mei 1975 D. 5 Januarie 1976

5: Met hoeveel kanale het SAUK TV begin?

A. Een: SAUK tv

B. Twee: SAUK tv en Bantu tv

C. Drie: TV1, TV2 and TV3

6: Wanneer het die SAUK TV2 geloods?

A. 1955: in Zulu en Xhosa B. 1976: in Zulu en Xhosa C. 1981: in Zulu, Xhosa, Sotho en Tswana

7: Wat was die eerste program wat op SA TV uitgesaai is?

A. Noot Vir Noot

B. Die 6 nm. Nuus in Afrikaans

C. Nommer Asseblief

D. Wielie Walie Speelkamer met Haas Das

8: Wat was die eerste internasio­nale reeks wat op SA TV uitgesaai is?

A. The Bob Newhart Show

B. The Paper Chase (as Beste Professor) C. Buck Rogers

D. Star Trek, die oorspronkl­ike reeks

9: Wat was die SAUK se eerste plaaslik vervaardig­de dramareeks?

A. Phoenix En Kie B. The Villagers C. Die Kraaines D. Dubbele Alibi

10: Dié kyker se klagte was oor die SAUK se eerste plaaslike Engelse sitkom: “Indien **** ’n tipiese gesinslewe uitbeeld, is ons ’n nasie vol morone.” Wat was die titel van die program?

A. The Knicky Knacky Knoo Show B. The Dingleys

C. Call Me Kelly

D. 99 Caroline Street

11: Wie was die eerste swart kind wat op SA TV verskyn het (nie in die nuus nie)?

A. Somizi Mhlongo was 8 toe hy ’n kind wat weggeloop het, in die komedie Attie En Joos gespeel het.

B. Yvonne Chaka Chaka was 16 toe sy in die talentprog­ram Sugar Shack verskyn het. C. Baby Cele was 10 toe sy die dogter van ’n boer in Koöperasie Stories gespeel het.

12: In watter taal is die Japanse fantasiere­eks Journey To The West (19781980) oorgeklank en wat was die titel?

A. Usokhetye in isiXhosa B. Karate Apie in Afrikaans C. inKawu Yasechina in isiZulu

13: Wat was Suid-Afrika se eerste sepie?

A. Agter Elke Man (1985) B. Ballade Vir ’n Enkeling (1987) C. Egoli: Plek Van Goud (1989)

14: Hoekom het die SABC die Britse kinderreek­s Rupert The Bear in Engels oorgeklank?

A. Die SAUK-direkteur-generaal Pieter Meyer het niks van die verteller Judy Bennett se stem gehou nie.

B. Die bande het weens ’n tegniese fout sonder ’n stembaan aangekom.

C. Die Britse akteursuni­e Equity het Suid-Afrika vanaf 1978 geboikot oor sy apartheids­beleid.

15: Wat het dié akteurs gemeen: Glen Gabela, Khumbulani Cele, Charles Babalola, Bahle Hadebe, Lemogang Tsipa, en Ntando Zondi.

A. Hulle het almal predikante gespeel. B. Hulle was in die Showmax-reeks Blood Psalms.

C. Hulle het of gaan almal koning Shaka speel.

D. Hulle is almal buite Suid-Afrika gebore.

Bonus: Watter SA sepie word 30 in Februarie 2023?

 ?? ?? Weet jy wat is dit dié? Sien vraag 3.
Weet jy wat is dit dié? Sien vraag 3.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa