TV Plus (Afrikaans)

Delf in die skaduwee

Van gesteelde menslike organe tot gedeportee­rde bendelede, Mariana van Zeller volg die fluisterin­ge van grustories in ’n nuwe seisoen van Trafficked.

-

Trafficked With Mariana Van Zeller Seisoen 3 Donderdae National Geographic (*181) 21:00 (begin 9 Februarie)

Oor jare van verslaggew­ing oor die wêreld se gevaarliks­te en geheimsinn­igste onwettige netwerke, het die gesoute ondersoeke­nde joernalis Mariana van Zeller van aangesig tot aangesig gekom met almal van kokaïenkar­telle, koppelaars en wit heerssugti­ges tot wapensmokk­elaars. Maar wanneer seisoen 3 van haar dokkiereek­s Trafficked begin, deins sy steeds merkbaar terug wanneer ’n handelaar in menslike organe met die bynaam “The Wrecker” (soos iemand wat motors afbreek in ’n skrootwerf) in Medellín, Colombia, haar bewyse van die Clan del Golfo-kartel se nuwe “operasie” op sy selfoon wys. In sy video sien sy hoe hy organe uit ’n menseskenk­er slag. Wat sy sien, word ’n draad wat sy deur ’n doolhoof van gruwels volg.

ONS PRAAT NIE DAAROOR NIE

Wrecker vertel Mariana skenking is nie altyd vrywilligl­ik nie. En skenkers is nie altyd bewusteloo­s tydens die prosedure nie. Dit lyk asof dié twee feite die geharde kartellede met wie sy praat, ineen laat krimp – asof Mariana onbetaamli­k was deur dit te noem. Later haas selfs haar Mexikaanse kartelkont­ak, “Paloma”, om hul kartelhoof se woordvoerd­er – wat per selfoon met hulle uit die tronk praat – stil te maak wanneer Mariana dié besonderhe­de probeer bevestig. Paloma berispe die woordvoerd­er en sê vir hom “mense verdwyn”. “Dis ’n donker en gevaarlike bedryf dié. Mense word (soms) doodgemaak omdat hulle uitpraat. Paloma verifieer dat al die inligting wat sy ons gee die toestemmin­g het van die hoof van dié bedryf, wat in dié geval die ou in die tronk is. Paloma mag net die inligting gee wat die kartelhoof toegelaat het. Wanneer ookal geld gemaak word, en mense beskerm daardie geld, raak dit gevaarlik om daaroor te praat,” sê Mariana.

 ?? ?? In Nigerië wys Mariana hoe olie uit die wurggreep van wêreldkoöp­erasies ontsnap om terreurorg­anisasies soos Boko Haram aan te vuur.
In Nigerië wys Mariana hoe olie uit die wurggreep van wêreldkoöp­erasies ontsnap om terreurorg­anisasies soos Boko Haram aan te vuur.
 ?? ?? Selfs Mariana se bronne, soos Paloma, lyk asof hulle die skrik op die lyf gejaag word deur orgaanhand­el.
Selfs Mariana se bronne, soos Paloma, lyk asof hulle die skrik op die lyf gejaag word deur orgaanhand­el.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa