TV Plus (Afrikaans)

Begaafd en beskeie

Die akteur Bennie Fourie ontgin sy vele talente.

-

Magda Louw Seisoen 1 Maandae kykNET (*144) 20:30

Dit was vir hom heerlik om die rol van Baltus in kykNET se komedieree­ks Magda Louw te speel, vertel die akteur-regisseur en skrywer Bennie Fourie. “Desiré Gardner, wat die hoofrol in Magda Louw vertolk en die teks geskryf het, het ’n ongeloofli­ke werk gedoen, en die regisseur Johan Pieter Nel het hom net so goed van sy taak gekwyt. Omdat ek nie self by die teksskrywe­ry of regie betrokke was nie, kon ek vir ’n veranderin­g op die ontwikkeli­ng van my karakter fokus.”

MA SE KROONPRINS

Baltus is ook maar nes sy ma ’n rare karakter, sê Bennie. “Daar’s geen twyfel dat Baltus sy eksentriek­e en ekstrovert­e ma Magda se oogappel is nie. Maar eintlik verskil ma en seun se geaardhede soos dag en nag. Baltus is ’n tipiese ingenieur en ’n introvert. Net soos sy pa, Erhard (Hannes van Wyk), wys Baltus nie maklik sy emosies nie. Hy en sy pa het ook ’n ouskoolse en beskaafde verhouding,” verduideli­k hy. “Baltus gooi wel die kat in die duiwehok wanneer hy met sy weird meisie Delere (Mandri Sutherland) by die huis opdaag. “Delere is ’n alternatie­we hippie en die teenoorges­telde van Baltus. En sy nuwe verhouding sorg vir lekker drama en jaag Magda se bloeddruk die hoogte in.”

KOMEDIE IS SY KOS

Ons het Bennie al in ’n hele rits komedierol­le op televisie en in rolprente gesien – te veel om op te noem. Nog kraakvars in die geheue is die karakter van Dodgy Mike wat hy in kykNET se komedieree­ks Hotel gespeel het. Bennie was ook die medeskrywe­r van Hotel. “Ons was ’n lekker klomp akteurs wat in Hotel gespeel het en het almal heerlik saamgewerk, maar ons het verlede jaar besluit om die hotel se deure op ’n hoë noot te sluit en ek dink dit was die regte besluit.”

Nog ’n onlangse rol wat hy terdeë geniet het om te vertolk, was die plaasboer Dirk Burger in M-Net se moordraais­elreeks Recipes For Love And Murder. “Hoewel Dirk ’n ernstiger rol is, het die karakter ’n komiese kant wat ’n lekker uitdaging was om te speel.”

Bennie is ook later vanjaar in ’n nuwe kykNET-reeks te sien, maar in dié stadium mag hy nog nie veel oor die reeks uitlap nie omdat die reeks in ’n voorproduk­sie-stadium is. Hy is ook betrokke by die teksontwik­keling van die nuwe reeks.

“Tans fokus ek op my en my vriend, die akteur-sanger

Bouwer Bosch, se advertensi­eondernemi­ng.

Maatskappy­e soos King

Price en We Buy Cars is van hul vaste kliënte vir wie hulle TV-advertensi­es vervaardig.

 ?? ?? Hooffoto: Links is Delere, Baltus (regs) se boheemse meisie. Inlas: Bennie (regs) en sy verloofde, Mila Guy (links).
Hooffoto: Links is Delere, Baltus (regs) se boheemse meisie. Inlas: Bennie (regs) en sy verloofde, Mila Guy (links).
 ?? ?? Bennie (middel) saam met sy broers Reynold (links) en Wilbrie (regs).
Bennie (middel) saam met sy broers Reynold (links) en Wilbrie (regs).
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa