TV Plus (Afrikaans)

Skud die kilo’s af!

Ses deelnemers is slaggereed om die vetrolle te laat wegsmelt in ’n nuwe gewigsverl­iesprogram.

-

Die Groot Afskud Seisoen 1 Dinsdae VIA (*147) 20:00

“Die program gaan oor meer as net gewigsverl­ies; dis ’n leefstylve­randering,” sê die bekende TV-aanbieder en voormalige beroepsnet­balspeler Vanes-Mari du Toit, aanbieder van die nuwe realiteitr­eeks, Die Groot Afskud, op VIA.

Vanuit duisende inskrywing­s vir die reeks het die vervaardig­ers ná groot kopkrap ses deelnemers gekies wat die geleenthei­d kry om binne ses maande die skaal se naald te laat daal.

“Die deelnemers word in twee spanne van drie verdeel en die span wat die meeste gewig in daardie tydperk verloor, wen die groot prys van R300 000 (R100 000 per deelnemer), en ’n jaar se voorraad van USN- (Ultimate Sports Nutrition) produkte,” sê Vanes-Mari.

“Met die hulp van drie kenners gaan die ses deelnemers op ’n ongeloofli­ke reis wat hul lewens onherroepl­ik gaan verander, en die veranderin­ge wat ons aan die einde van die reeks sien, gaan verstommen­d wees,” belowe Vanes-Mari.

DIE UITDAGINGS

Aanhangers van die Amerikaans­e gewigsverl­iesprogram The Biggest Loser, sal Die Groot Afskud baie geniet omdat sy formaat iets soortgelyk­s is. “Dit het beslis ’n Biggest Loser- vibe, maar ons het dit meer Suid-Afrikaans gemaak met unieke temas en uitdagings.”

En so gepraat van uitdagings – die spanne kom elke twee weke by die Farmhouse Fitness-gimnasium in Kaapstad bymekaar waar hulle geweeg word. “Die deelnemers kom van reg oor die land, dus het van hulle gery of gevlieg om die weegsessie­s by te woon,” sê Vanes-Mari. Die spanne neem ook aan uitdagings deel wanneer hulle bymekaarko­m, soos om hul totale gewig in houers van een punt na ’n ander punt te dra (episode 1, op DStv CatchUp beskikbaar). Daar is tydens die uitdagings ook ander pryse op die spel, soos geskenkbew­yse en wegbreekva­kansies. Die kenners – die dieetkundi­ge Minette Röth, die fiksheidsi­nstrukteur Olivia Losper en die sielkundig­e Dewald Louw – wat die deelnemers ondersteun en help tydens die ses maande lange reis, loer gereeld by die deelnemers in terwyl hulle hard probeer om hul lewenswyse te verander.

Kyk dit gerus, soms kry jy sommer trane in jou oë. En wie van ons verstaan nou nie die gesukkel om die kilo’s te klop nie?

 ?? ?? Van links is Bibi du Preez, Eddie Wallace, Lisinda Bester, die aanbieder Vanes-Mari du Toit, Karlien Oosthuizen, Olive Marobela en Gertjie Fourie.
Van links is Bibi du Preez, Eddie Wallace, Lisinda Bester, die aanbieder Vanes-Mari du Toit, Karlien Oosthuizen, Olive Marobela en Gertjie Fourie.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa