TV Plus (Afrikaans)

Verbode vrugte

Zoe en Nazeem swig voor hul gevoelens vir mekaar en begin ’n affair!

-

Ons het geweet daar gaan moeilikhei­d wees toe Zoe (Lauren Jospeh) en Nazeem (Irvine van der Merwe) vroeër in Januarie saam begin werk het aan die pakhuis-sentrum- ( container mall) projek by Jacobs Property Developmen­t (JPD), en kyk nou – die tweetjies het gevoelens vir mekaar ontwikkel en knyp die kat in die donker!

“Daar is ’n onverklaar­bare chemistry tussen Zoe en Nazeem,” sê Lauren. “Dis nie iets wat enigeen van hulle verwag het of na gesoek het nie. Sy weet sy speel met vuur, want dit kan nie net kan haar huwelik met Tim (Marco Spaumer) beduiwel nie, maar dit sal Bridgette (Denise Newman) – haar tannie en Nazeem se halfsuster wat hom as haar aartsvyand beskou – ook rooi laat sien.” Maar ten spyte daarvan gaan hulle steeds voort met hul affair tot iemand hulle betrap en die duiwel los is!

DIE EERSTE SOEN

JPD vier sy goeie finansiële jaar met ’n skemerkelk­ie by Bridgette se huis en terwyl hulle daar is, maak Nazeem ’n toespraak wat Zoe gevlei laat voel.

“Hy sê voor almal Zoe is verantwoor­delik vir die sukses van die container

mall en hy sou dit nie sonder haar kon doen nie, en stel dan ’n heildronk in op Zoe,” vertel Lauren.

Later die aand vind hulle mekaar alleen in Mrs J. (Theresa Sedras) se kothuis op Bridgette se erf, en daar in die geheim deel hulle hul eerste soen.

DIE EERSTE AFSPRAAK

Die volgende dag is daar is sterre in Nazeem se oë. Hy maak dadelik planne om Zoe die aand te ontmoet en bestel ’n dekadente ete vir twee by die Oos-Wes-restaurant. Bianca (Simone Biscombe), die bestuurder, probeer by Nazeem uitvis wie hy so bederf, maar Nazeem hou sy kaarte naby aan sy bors.

“Zoe lieg soos ’n tandetrekk­er om die aand saam met Nazeem te kan deurbring en aanvanklik is dinge ’n bietjie ongemaklik, want dit is verbode vrugte, maar die een ding lei tot die volgende en hulle soen weer passievol.” sê Zoe.

SKINDERSTO­RIES

Intussen begin skindersto­ries in Ruiterbosc­h versprei oor die nuwe vrou in Nazeem se lewe en dit maak Lee-Ann (Portia Joel), Bridgette se suster, bekommerd. Lee-Ann weet Nazeem het gevoelens vir Zoe, maar nie dat Zoe ook intussen op die skelm verlief geraak het nie. “Lee-Ann kry Nazeem voor stok en wil weet wie of die vrou Zoe is, maar Nazeem weier om enige detail oor sy liefdeslew­e aan Lee-Ann te verklap,” sê Irvine.

Nazeem en Zoe flankeer ongesiens in die publiek en Nazeem vertel vir Zoe van ’n Valentynsd­ag-geskenkie wat hy vir haar in haar lessenaarl­aai gelos het, maar voor Zoe kan sien wat dit is, kom Tim daarop af . . .

“Dis ’n brosjure en ’n kaartjie vir ’n romantiese wegbreek met ’n intieme boodskap,” sê Lauren. “Tim kry dit toe hy iets by Zoë se lessenaar soek – en is oortuig dat dit ’n verrassing is wat Zoe vir hom hou.” Zoe is naar oor Tim wat haar en Nazeem se planne in die wiele gery het, maar met nóg leuens oor hoe sy vergeet het sy het daardie naweek ’n henneparty­tjie van ’n ou vriendin, gaan sy en Nazeem wel saam weg.

 ?? ?? Zoe en Nazeem kan hul gevoelens nie meer keer nie en soen mekaar passievol.
Zoe en Nazeem kan hul gevoelens nie meer keer nie en soen mekaar passievol.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa